Rhebokskloof stel sy Méthode Cap Classic 2007 bekend

Date posted:
November 21, 2011

In Spanje noem hulle dit Cava, Italianers sê Asti of Spumante en die Duitsers noem dit Sekt. Ons Suid-Afrikaners het met ons eie term vorendag gekom, naamlik Méthode Cap Classique, of sommer net MCC.

Soos wat ons smaak die afgelope jare ontwikkel het, het ons besef dat, al kan ons dit nie sjampanje noem nie, ons dit wel kan bekostig, kan drink en ook kan maak. In daardie lig stel Rhebokskloof hulle bekroonde Méthode Cap Classic 2007 bekend, ‘n ligte, sprankelende wyn in die Franse styl. Met ‘n boeket van vrugtige geure en beskuitjie-ondertone is hierdie wyn perfek vir alle somer-feesvieringe.

Met wingerde teen die westelike hange van die Paarl-vallei se berge, is die druiwe vir hierdie MCC deur die Rhebokskloof-wynlandgoed self gelewer. Die chardonnay-wingerde is in 1990 in ontbinde granietgrond geplant en die druiwe is in Januarie 2007 geoes. Rhebokskloof is geneig om koeler as nabygeleë Paarl te wees, en hierdie koel mikroklimaat maak dit ideaal vir die produksie van MCC van top gehalte.

“Die Rhebokskloof Méthode Cap Classic 2007 het silwer by vanjaar se internasionale Michelangelo-wynkompetisie gewen, en is waarlik ‘n uitmuntende wyn”, sê Anton du Toit, besturende direkteur van Rhebokskloof. “Ons hoop van harte dat wynliefhebbers hierdie MCC sal geniet.”

Kom vier die somer in styl op Rhebokskloof, geniet ‘n bottel Rhebokskloof Méthode Cap Classic 2007 en drink op die somer! Hierdie MCC kos R120 by die Kelder en het ‘n alkoholinhoud van net 12% per volume.

Vir meer inligting oor die Rhebokskloof Méthode Cap Classic 2007, besoek asseblief www.rhebokskloof.co.za of skakel 021 869 8386.

 

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram