Quoin Rock White Blend 2018: Verander jou maaltyd in ’n fees!

Die Quoin Rock White Blend 2018 wat onlangs bekend gestel is, is Suid-Afrika se antwoord op die vraag: Wat is die ideale koswyn? Hierdie heerlike versnit van sauvignon blanc (92%) en semillon (8%) sal ook goed verouder, onder die regte omstandighede, vir tot 10 jaar.

Die druiwe vir hierdie uitsonderlike versnit kom nie net uit die landgoed se Stellenbosch-wingerde nie, maar ook uit hul wingerde in die Elim-omgewing wat bekend is vir sy koel klimaat wat hierdie wyn soos ’n handskoen pas. Die wyn is vir ses maande verouder in ’n kombinasie van vlekvrye staaltenks en Franse eikehoutvate voor dit bottel toe is.

Die wynmaker, Schalk Opperman, beskryf die Quoin Rock White Blend 2018 as ’n toonbeeld van vuursteen, klipvrugte en vye vanaf die sauvignon blanc-druiwe wat gekomplementeer word deur die pragtige nartjie-eienskappe van die semillon. Appelliefie- en spanspek-geure dra verder by tot die wyn se volronde romerigheid op die tong. Hierdie wyn het ’n stewige “lyf” met wonderlike lengte en elegansie.

Getrou aan Quoin Rock se filosofie om nie net innoverend te wees nie, maar om ook ’n volhoubare benadering tot kos te hê, beveel Gåte (uitgespreek gahtey) se hoofsjef, Jack Coetzee, aan dat die White Blend met sy sportvisgereg geniet word wat dikwels van hul ABALOBI*-platform verkry word. Hierdie gereg behels dat die vis van die been verwyder en in ’n roulade gerol word. Dit word dan geposjeer en in springmielies en gedroogde seegras gerol vir ekstra tekstuur. Die vis word gekombineer met graan en beet in sy verskillende variasies wat die wyn soos ’n handskoen pas. Die suur tem die aardse geure van die beet en bring die pragtige klipvruggeure van die wyn na vore. Die wyn se kenmerkende appelliefie- en spanspekgeure komplementeer die sportvisgereg perfek.

Die Quoin Rock White Blend 2018 is ook ’n ideale pasmaat vir ander seekosdisse, asook pastagereg, maar kan op sy eie bene staan en geniet word. Dit is direk by die proelokaal beskikbaar teen R350 per bottel.

Vir meer inligting, besoek www.quoinrock.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>