Quoin Rock Black Series Méthode Cap Classique 2014 – ’n tikkie klas in elke glas!

’n Slank voorkoms is die eerste indruk van die Quoin Rock Black Series Méthode Cap Classique (MCC) 2014, maar hierdie keldertrots, ’n elegante versnit van pinot noir (51%) en chardonnay (49%), sal beslis nie uit plek uit wees in die heel beste geselskap nie. En as mens die “sterre” in elke sluk wil proe, staan hierdie sjampanje beslis voor in die tou.

Die druiwe vir hierdie spoggerige vonkelwyn kom uit Quoin Rock se wingerde in Elgin met sy koel klimaat. Die druiwe is met die hand gepluk en heeltros gepars. Daarna is die sap oorgeplaas na tweedevul- Franse eikehoutvate waar die natuurlike gistingsproses begin het. Die basiswyn is 10 maande lank verouder in die vat, met gereelde roer van die wynmoer, voordat tweede gisting in die bottel plaasgevind het. Die vonkelwyn is vir ’n verdere 52 maande in die bottel verouder en toe is die afsaksel verwyder voordat dit vir nog 6 maande in die bottel deurgebring het voor bekendstelling.

Schalk Opperman, Quoin Rock se wynmaker, sê die Black Series MCC toon prominente aromas van groen appel, heuninghawermout, biskuit en lemmetjie wat ondersteun word deur interessante mineraal-eienskappe. Die delikate mousse en miljoene piepklein borreltjies komplementeer die vars, verfrissende suur en romerige mondgevoel van hierdie elegante Brut-styl Cap Classique.

Hoewel perfek op sy eie, stel Schalk voor mens geniet dit saam met salm-tartaar, oesters of soesji.

Die Quoin Rock Black Series Méthode Cap Classique 2014 is slegs by die proelokaal, of aanlyn deur die webblad, beskikbaar teen R500 per bottel.

Vir meer inligting of om te bestel, besoek www.quoinrock.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>