‘Proe die sterre’ met Quoin Rock se nuwe Blanc de Blanc 2009

Die Stellenbosse wynlandgoed Quoin Rock het pas sy heel eerste Blanc de Blanc 2009 Méthode Cap Classique (MCC) bekend gestel. Slegs 1 800 bottels van hierdie sjampanje is gemaak.

“Sofistikasie in ’n bottel” is die ideale beskrywing vir hierdie eksklusiewe en elegante vonkelwyn. Dis uitsluitlik van chardonnay-druiwe gemaak en sal ekstra vonkel sit in hierdie feesseisoen … en daarna.

Aangesien die 2009-oesjaar as uitsonderlik gereken word met druiwe van hoë gehalte, het Quoin Rock besluit dat dit die moeite werd was om iets spesiaal te skep en die vonkelwyn te verouder. Slegs die heel beste druiwe van die landgoed se Elim-plaas is gebruik. Die druiwe is vroeg oggend gepluk en onmiddellik na Quoin Rock se kelder vervoer vir verwerking. Groot sorg is geneem om sowel die druiwe as die sap koel te hou om die vrugtegeure te behou. Nadat die sap na ou Franse eikehoutvate oorgetap is, het die span geduldig gewag dat die natuurlike gistingsproses sy gang gaan. Die basiswyn het sowat sewe maande in die vate deurgebring voordat dit versny en gebottel is. Na die tweede gisting in die bottel, in lyn met die streng riglyne en regulasies vir die produksie van MCC, is die wyn toegelaat om op die moer te verouder. Die wyn is elke maand geproe en gemonitor deur die Quoin Rock-wynmaakspan totdat hulle heeltemal tevrede was met die samestelling en smaak. Degorgement – die verwydering van die sediment in die bottel se nek – het eers 103 maande later gebeur. Nog twee jaar van veroudering in die bottel het gevolg wat ’n spesiale MCC met diepte en kompleksiteit tot gevolg het en weer eens bewys dat gehalte tyd vat.

Schalk Opperman, die wynmaker, beskryf die Blanc de Blanc as “super verfyn” en sê die delikate mousse en fyn borrels is met die eerste oogopslag sigbaar. Hierdie vonkelwyn is ’n elegante voorbeeld van die uitmuntende MCCs vanuit die Kaap se wynlande en in die besonder vanaf Quoin Rock.

In die neus kom die brioche– en botterige aromas, kenmerkend van ’n sjampanje wat lank op die moer deurgebring het, gou na vore. Hierdie aromas word ondersteun deur vars sitrus- en lemmetjiegeure en mineraliteit wat ’n pragtige komplekse, talmende en verfrissende mondgevoel tot gevolg het. Dis ongetwyfeld ’n simfonie van Ou Wêreldse sjampanjeproduksietegnieke gekombineer met die vrugtige varsheid van druiwe wat in die Suid-Afrikaanse son ryp geword het. As hierdie keldertrots korrek geberg word, het dit die potensiaal om 20 jaar ouer as sy oesjaar te word. Hierdie beperkte vonkelwyn sal net elke 10 jaar deur die Stellenbosse landgoed bekend gestel word, wat die wag en elke sluk die moeite werd maak.

Hoewel ideaal op sy eie, stel Schalk voor dat die Blanc de Blanc 2009 ook geniet word met salm-tartare, oesters en soesji. Die vonkelwyn is beskikbaar by die proelokaal en aanlyn by Quoin Rock se webblad teen R2 500 per bottel. Buy Quoin Rock MCC.

Vir meer inligting, besoek www.quoinrock.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>