Proe ‘die sterre’ met Glen Carlou se Blanc de Blancs Brut 2018

Die dae toe mens sjampanje net op spesiale geleenthede gedrink het, is lank reeds iets van die verlede. Vandag word “die sterre” enige tyd, enige plek en vir enige rede geniet – maak nie saak van die weer nie. Glen Carlou se Blanc de Blancs Brut 2018 is een wat regdeur die jaar geniet kan word.

Die Glen Carlou Blanc de Blancs Brut 2018 is 100% van chardonnay gemaak. Die druiwe, afkomstig uit wingerdblokke in die Simonsberg-Paarl-streek en Robertson, is vroeg oggend met die hand gepluk en met minimale inmenging hanteer om hul integriteit vir die basiswyn te behou. Dié Cap Classique is in die bottel gegis en vir 30 maande op sy moer gelos.

Johnnie Calitz, die wynmaker, meen hierdie is die tipiese Cap Classique vir alle geleenthede. Die Brut Nature-styl van die vonkelwyn stel duidelike aromas van wit perske, kaneelspeserye en subtiele jasmyn in die neus vry. Dit word deurgedra na die mond waar brioche-geure en sweempies suurlemoen en lemmetjie, asook lewendige groenappel en mineraliteit, ook bespeur word. Die uitsonderlike fyn mousse ondersteun die vonkel en finesse van hierdie sjampanje.

Die Glen Carlou Blanc de Blancs Brut 2018 kan onmiddellik geniet word. Dit is direk by die proekamer of aanlyn beskikbaar teen R320 per bottel.

Vir meer inligting, besoek www.glencarlou.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>