Proe die Helderberg se wyne by Taste the Helderberg 2018

Verjaag die winterkoue op ’n fees wat die allerbeste van die Helderberg se bekroonde wynmakerye ten toon stel. Op Vrydag, 8 Junie, sal die spreekwoordelike rooi mat uitgerol word by die NH The Lord Charles Hotel by Somerset-Wes vir die Taste the Helderberg 2018-fees.

 

Die organiseerders het vir dié geleentheid ’n tema-kleur gekies wat hulde bring aan die Helderberg se kelderskatte –  pers, die mistieke kleur van die koninklikes.

 

Die Taste the Helderberg 2018-fees sal aan gaste die geleentheid bied om heel eerste die jongste wyne te proe, asook van die streek se beste wyne. Hulle sal ook die geleentheid kry om talle van die wynmakers, wingerdboukundiges en plaaseienaars persoonlik te ontmoet.

Vanjaar kan besoekers ook uitsien na ’n opwindende verlenging van Taste the Helderberg, naamlik ’n “kosteater” in die vorm van ’n fassinerende sjokolade-nagereg-installasie.

’n Spesiale “sjokolade-versugting” bring ’n nuwe dimensie na die tradisionele kulinêre aanbieding van die opwip-kosstalletjies omdat hierdie soetigheid, net daar voorberei, deur die loop van die aand geniet kan word. Ook sal die paartjie met die mees oorspronklike uitrustings aangewys en beloon word vir hul innoverende gebruik van pers.

Die feesbesonderhede is:

Datum:             Vrydag, 8 Junie

Tyd:                 5nm tot 9nm

Koste:               R150 per persoon

Elke kaartjie sluit ’n glas, wynproeë en sjokolade-happies in. Kos sal regdeur die aand te koop wees.

Kaartjies moet verkieslik aanlyn bespreek word by www.wineroute.co.za. As daar enige kaartjies oor is, sal dit by die deur verkoop word.

Vir meer inligting oor Taste the Helderberg 2018, besoek www.wineroute.co.za of skakel 021 886 8275.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>