Proe die beste by Caroline’s Red Wine Review

Date posted:
June 26, 2024

Die 24ste weergawe van die jaarlikse Caroline’s Red Wine Review beloof om rooiwyniefhebbers se tonge te laat gons, letterlik én figuurlik! Die 2024-weergawe vind plaas op Donderdag, 25 Julie, van 5nm tot 9nm in die Members’ Lounge van die DHL-stadion in Groenpunt.

Hierdie wêreldklas-“vertoonkas”, aangebied deur die bekende Caroline Rillema, bied wyn-entoesiaste die kans om sommige van die Kaap se beste vlagskip-rooiwyne onder een dak te proe en ervaar.

Dis ’n baie eksklusiewe geleentheid waar 80 van Suid-Afrika se mees bekroonde wyne met die wynmakers geniet kan word. Die beste cabernets, shiraz’e, syrahs, merlots, pinotage’s, cinsaults, grenache’s en ander niswyne, tesame met klassieke Bordeaux-, Rhône-styl en Cape Blends sal geproe kan word.

“Ons is verheug om die Kaap se produsente van uitmuntende rooiwyne bymekaar te kan bring en sodoende die geleentheid te skep vir wynliefhebbers, -entoesiaste en sommeliers om te meng met die passievolle mense agter hierdie fenomenale etikette,” sê Caroline.

By ontvangs sal elke gas ’n kristalglas en ’n gedetailleerde lys van die wyne. Gaste sal ook van die wyne kan bestel teen ’n 15%-afslag.

Die kaartjies vir hierdie eksklusiewe geleentheid kos R495 per persoon en is beskikbaar via Quicket. Veilige parkering is beskikbaar teen R60 per voertuig.

Besoek https://www.quicket.co.za/events/265349-carolines-red-wine-review-2024/?ref=events-list#/ om kaartjies te koop.

einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram