Pongrácz Rosé wen ‘Beste Pienk Cap Classique’ in vanjaar se FAIRLADY-verbruikertoekennings

Date posted:
November 5, 2012

Pongrácz Rosé, die blosende liefling van Suid-Afrika se toonaangewende Méthode Cap Classique-reeks, is as die “Beste Pienk Cap Classique” in die FAIRLADY-verbruikertoekennings vir 2012 bekroon.

 

FAIRLADY se redakteur, Suzy Brokensha, beskryf die elegante Rosé as “lig, vol geur en klein borrels – ‘n perfekte somerdrankie teen ‘n goeie prys” in die tydskrif se November-uitgawe. Die Pongrácz Rosé het ‘n delikate gis-, roosterbrood- en ryp vrugtekarakter met ‘n indrukwekkende mousse en ‘n sensuele, volronde smaak van swart bessiegeure.

 

“Dié verruklike Cap Classique is ‘n lus vir die oog en skep ‘n romantiese atmosfeer met haar delikate, salmpienk blos. Dis perfek vir enige geleentheid en pas veral goed saam met hoender, seekos en oesters,” sê die wynmaker, Elunda Basson.

 

Die gesofistikeerde Pongrácz Rosé verleen ekstra glans aan enige geleentheid. Dit is landwyd beskikbaar teen ongeveer R115. Vir meer inligting, besoek Facebook of www.pongracz.co.za.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram