Polkadraai vier dekade met eerste Rosé!

Stellenbosch Hills se prettige en gewilde Polkadraai-wynreeks vier sy eerste dekade met die bekendstelling van sy eerste Rosé.

Die Polkadraai Rosé verklap aromas van bloeisels met sweempies rooi bessies en sagte blomblare in die neus, terwyl die tong soet spanspek en steenvrugte ervaar. Dis ’n heerlike, verfrissende, droë wyn wat van shiraz-druiwe gemaak is.

As dit verkoel is, is daar geen geleentheid waar dié Polkadraai Rosé nie sal skitter nie. Probeer dit gerus saam met ’n romerige pastagereg met salm, garnale of hoender, of met sagte kaas of aarbei-pavlova.

Die Polkadraai-wynreeks het sy naam te danke aan die berugte haarnaalddraai op die pad tussen Stellenbosch en Kuilsrivier. Die reeks weerspieël ’n prettige huldeblyk van alles wat met polka te make het – van die lewendige dans tot die modebewuste se speelse polkakolpatroon.

Die prettige Polkadraai-reeks sluit ’n Chenin Blanc, ’n Sauvignon Blanc, ’n Pinotage/Merlot-versnit, ’n Pinot Noir Sparkling Rosé, ’n Sauvignon Blanc Brut en drieliterweergawes van die Sauvignon Blanc en Merlot/Shiraz in.

Polkadraai was nog altyd lig op die tong én lig op die beursie. Die nuwe Polkadraai Rosé 2019 volg hierdie tradisie en is by die kelder beskikbaar teen slegs R48 perbottel.

Die Stellenbosch Hills-proelokaal is geleë op die hoek van die R310 en die Vlottenburgpad buite Stellenbosch. Die proelokaal is van Maandag tot Vrydag van 9vm tot 5nm en Saterdag van 10vm tot 3nm oop. Dis gesluit op Sondag en openbare vakansiedae.

Skakel 021 881 3828/9 of stuur ’n epos aan info@stellenbosch-hills.co.za vir meer inligting, of besoek www.stellenbosch-hills.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>