Die nuwe reeks Place in the Sun-wyne, wat met Fairtrade-akkreditering spog, het in Oktober by Cape Wine Europe, die toonvenster vir Suid-Afrikaanse wyn wat in Londen aangebied is, groot lof ontvang.
Afgevaardigdes na dié geleentheid was gaande oor die wyne se hartlike, gul karakter en die inspirerende ontwerp van die etikette. Hul geesdriftige reaksie volg kort op die hakke van ’n silwer Veritas-medalje by vanjaar se SA Nasionale Wynskou vir sy heel eerste Shiraz, dié van 2010, ’n geurige wyn wat ? mens aan ryp bessies en speserye herinner.
Piet Carinus, van die Devon Valley-plaas waar die druiwe gekweek word, sê die Place in the Sun-projek het ’n geweldig positiewe uitwerking op die werkers.
“Hulle word nou in die wingerde en op die sportvelde gemotiveer. Hulle is opgewonde en positief oor die handelsmerk se vooruitsigte en die potensiële voordele vir hulle omdat die Fairtrade-premie wat vir die druiwe betaal word vir die maatskaplike opheffing van die werkers aangewend word. Hulle besluit self hoe die geld bestee word.”
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast