Place in the Sun bring lig in jou lewe, ‘true’s Bob!’

Date posted:
June 22, 2012

Die “nuwe” Suid-Afrika: steeds gemiddeld 300 dae sonskyn per jaar, maar kragonderbrekings wat deel van die “voorreg” geword het van burgerskap, en miskien om ons te herrinner hoe derdewêrelds voel. Hoe dit ook al sy, as jou kerse op raak, die batterye in jou flits is gedaan en jou herlaaibare batterye wil nie meer so lekker herlaai nie, gaan skaf vir jou ‘n bottel Place in the Sun Shiraz 2011 aan. Dis reg, ‘n bottel 2011- Shiraz van Place in the Sun!

 

Oukei, die Place in the Sun Shiraz gaan nie noodwendig die donkerte van die nag verruil vir die sonlig van die dag nie … wel, mens weet nooit! … maar jy gaan beslis baie minder gebodder wees en die donkerte of duisternis gate uit geniet.

 

Vir ons bevoorregte wynskrywers het Place in the Sun letterlik lig in ons lewens gebring. Ekstra lig. Sien, dit werk so: die bottel Shiraz wat hier by die huis afgelewer is, wat beslis die byt uit enige koue sal vat, is vergesel van ‘n sonfles! I kid you not! ‘n Sonfles wat glo letterlik sonlig inlê.

 

Die fles werk so: jy laat sonlig op hom val … wel, eintlik op die paneeltjie in die deksel. Dié gaar dan die sonenergie op soos ‘n gulsige dranksugtige wat dan die LED-lampies aan die onderkant van die deksel laat brand wanneer jy lig nodig het. Met ander woorde, gebottelde lig! Hoe’s daai!

 

Die slim mense verantwoordelik vir Place in the Sun se bemarking sê hulle het dié wyn gekies want “dis ? wyn so na jou hart, met die gul geur van songerypte rooi vrugte en die smaak van somer, met net ’n tikkie spesery. Ons voel ook trots, want by vanjaar se Decanter World Wine Awards in Londen is ’n goue medalje om sy nek gehang”.

 

Verder seg hulle: “Jy weet dalk dat die Place in the Sun-reeks Fairtrade-akkreditering het. Ons maak die wyn van druiwe uit wingerde wat deur FLO-CERT gesertifiseer word, want dit voldoen aan die Fair Label Organisation (FLO) se standaarde wat deel van Fairtrade uitmaak. Produsente kry ’n premie vir hul druiwe, en dié word aan die maatskaplike ontwikkeling van die plaaswerkers bestee. Hulle besluit self hoe die geld aangewend sal word.” Klink mos na ‘n goeie plan.

 

Tans betaal die premies vir projekte vir vroeë leerervaring, skoolgeld en skooluniforms aan skole van die plaaswerkers se keuse, asook aan al meer sportbedrywighede. Die jongste projek is ’n groentetuin om voeding onder die plaaslike gemeenskappe te verbeter.

 

“Ons benadering draai om steun vir maatskaplike volhoubaarheid. As jy op hierdie koppeling kliek – http://www.youtube.com/watch?v=cBomSG4k89k – kan jy na ’n dag in die lewe van die plaaswerkers kyk, en meer leer oor wat ons bedoel. Dit neem net ’n klompie minute in beslag.

 

“’n Besoek aan ons webwerf by www.placeinthesun.co.za of ons mikrowerf by growth.placeinthesun.co.za wys hoe ons wynliefhebbers aanmoedig om aanlyn te gesels oor projekte waarvan hulle kennis dra wat geskep is om ’n verskil te maak.”

 

Op die webwerf is daar ’n forum om steun te toon vir die individuele en breër programme wat mense en gemeenskappe help om inderdaad ? plekkie in die son te kry.

 

Ten slotte, gaan kry nou gerus jou “plekke in die son” met Place in the Sun se 2011- Shiraz en laat die duisternis voor die lig wyk. En kyk hoe die dae langer en die nagte korter word. Alles as gevolg van Place in the Sun. True’s Bob!

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram