Pinotage-en-Biltongfees: Vier twee van SA se bekendste ikone

Pinotage en biltong is so eg Suid-Afrikaans soos … wel, braaivleis, rugby en sonskyn! Vier hierdie twee ikone tydens die sesde Pinotage-en-Biltongfees oor die naweek van 18 en 19 April by die bekende Perdeberg-wynmakery naby die Paarl.

Altesaam 18 van Suid-Afrika se voorste produsente van pinotage bied saam ongeveer 30 van hul wyne  aan vir proe en verkoop tydens die fees, en elke wynmakery bied ook een wyn aan wat met  Afrifoods se biltongprodukte gekombineer word. En pinotage sal sy veelsydigheid ten toon stel deur in verskillende style ten toon gestel te word – tradisioneel rooi, rosé, vonkel, versnit en selfs wit!

Kosstalletjies, die Perdeberg Restaurant, kaasborde, ‘n kinder-speelarea en musiek sal sorg vir ‘n perfekte gesinsdag in die wynlande.  Die aanbevole kleredrag vir die fees is pers en wit, en prettige pryse kan gewen word.

Kaartjies vir die fees, wat elke dag van 11vm tot 4nm aangebied word, is beskikbaar teen R250 per persoon indien vooraf aangeskaf by www.plankton.mobi, of R300 by die hek. Die kaartjies sluit in toegang, ’n kristal-wynglas en 18 spesiale pinotage-en-biltongkombinasies, asook die proe van die ander pinotage-wyne.

BBP-kaartjies is ideaal vir groepsbesprekings en spanbousessies. Dit kos R500 per persoon en sluit al bogenoemde in, asook privaat-sitplek,’n verwelkomingsdrankie, ligte ete en koffie en koek in vir laatmiddag.

Besoek www.cvomarketing.co.za vir meer inligting, asook aanwysings na Perdeberg.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>