Perdeberg se Dry Land Collection – Wanneer die aarde sy beste voet voorsit!

Die natuur speel nie altyd saam nie, maar dit is dikwels in moeilike omstandighede wat die aarde sy beste voet voorsit. Vat Perdeberg se bekroonde Dry Land Collection-wyne as voorbeeld. Hierdie reeks gehaltewyne is bewys van wat die aarde tóg kan voortbring as die natuur besluit om dwars te trek.

Dié reeks spogwyne word gemaak van druiwe uit wingerde wat min tot geen besproeiing ontvang nie, bekend as droëlandwingerde.

“Ons wil wyne skep wat getrou is aan hul omgewing,” verduidelik Albertus Louw, Perdeberg se keldermeester. “Ons wil elke wyn toelaat om uitdrukking te gee aan die plek waar dit vandaan kom.”

Die Dry Land Collection, ’n voortsetting van dié Paarlse wynmakery se 80-jarige geskiedenis van voortreflike wyn maak, word gemaak van druiwe uit ouer wingerde en bosstokke wat destyds in die beste grond geplant is en waar dit volhoubaar oorleef met  die seisoenale reënval as hoofwaterbron. Die uiteenlopenheid in die onderskeie wingerde wat betref die weer, grond, dreinering en hoogte bo seespieël stel Perdeberg in staat om ’n wye reeks wyne met duidelike karakterverskille te produseer.

“Ons probeer dinge so natuurlik moontlik doen, met die minste inmenging,” verduidelik Louw.

Sonder besproeiing weeg druiwe uit droëlandwingerde minder en is die trosse en korrels kleiner. Daar is egter ’n beloning vir dié druiwe wat hierdie moeilike toestande verduur.

“Die meeste geur sit net onder die vel, so met minder sap en meer vel kry jy hoër geurkonsentrasie,” sê Louw. Intensiewe wingerdbestuur, wat onder meer  die gebruik van dekgewasse vir waterterughouding en natuurlike plaagbeheer (met geen chemiese plaagdoders) insluit, beskerm die wingerdstok en verseker dat die ekostelsel in balans is –  en die wyn is die held.

Die Dry Land Collection is aanloklik vir wyn-entoesiaste wat natuurlike wynmaakprosesse verstaan ​​en waardeer. Die reeks spog met goed gebalanseerde wyne met kompleksiteit en konsentrasie, maar is ook baie aangenaam om te drink. Waarde is ook ’n oorweging, sê Louw. “Ons wil regtig probeer om teen hierdie prys meer gehalte te lewer as wat verwag word.”

Elke wyn in die reeks het ’n simboliese naam wat ’n kenmerk van sy plek van oorsprong deel. Die etikette van die Courageous Old Vine Barrel Fermented Chenin, Resolve Pinotage, Tenacious Shiraz, Conqueror Cabernet Sauvignon en Longevity Natural Sweet Chenin is almal getuienis van die wingerde se uithouvermoë. Om hulde te bring aan die meesters wat tot Perdeberg se wynmaakgeskiedenis bygedra het, word die versameling voltooi deur Roussouw’s Heritage, ’n wit versnit vernoem na Jan Roussouw, Perdeberg Kelder se stigter, en Joseph’s Legacy, ’n rooi versnit vernoem na Joseph Huskisson, Perdeberg se eerste voltydse wynmaker wat in die vyftigerjare baanbrekerswerk vir nuwe SA wynmaaktegnologieë gedoen het.

Die Courageous OLD VINE Barrel Fermented Chenin Blanc 2021 vertoon aromas van sitrus, peer, perske en pynappel. Op die tong is daar skeutjies sitrus, lietsjie en vanielje, met ‘n vars einde wat ’n goed-gedefinieërde suur vertoon. Dis perfek op sy eie of saam met seekosdisse, geurige kerrie en ryk kase.

Dit is algemeen bekend dat Pinotage-wingerde floreer onder droëlandtoestande en die Resolve Pinotage 2019 is geen uitsondering nie. Trouens, dit is die perfekte voorbeeld van wat ‘n pinotage moet wees. Die donker kleur, duidelike geure en sappige struktuur van hierdie wyn is ‘n bewys van hierdie tradisionele druiweboerderymetodes. Die wyn is heerlik saam met ‘n geskroeide tuna-steak, lam- tikka masala of geglasuurde varkribbetjie.

Die Tenacious Shiraz 2018 is ’n moderne shiraz en ’n goeie voorbeeld van wyn wat onder droëlandtoestande gemaak word. Wanneer klein bessies gebruik word, is daar ’n volronde neus met ’n ryk nasmaak, en hierdie wyn is die perfekte voorbeeld daarvan. Die neus is speseryagtig met skeutjies witpeper, naeltjies, vars tabak en viooltjies. Op die tong is daar sweempies moerbeie, kersies en fynbos, met ’n breë struktuur, delikate tanniene en ’n vars nasmaak. Dié uitmuntende wyn is ook heerlik saam met ‘n geskroeide tuna-steak, lam- tikka masala of geglasuurde varkribbetjie.

Die Conqueror Cabernet Sauvignon 2019 is ‘n ware weerspieëling van ‘n moderne cabernet sauvignon wat tipiese kultivar-eienskappe met geparfumeerde aromas toon. In die neus kry jy sweempies pruimedant, braambessie, bloubessie en vanielje, terwyl die smaak gestruktureer is met sagte tanniene, met ’n talmende nasmaak. Dis op sy beste op koue wintersaande voor die kaggel of saam met vriende terwyl daar aan geurige beesstert-kasserol, volstruis-biefstuk of bees-korma gesmul word.

Die Longevity Natural Sweet Chenin Blanc 2018 is ’n uitstekende voorbeeld van chenin blanc se diversiteit. Met sy aantreklike diep goue kleur, aanloklike aromas en lewendige mondgevoel is hierdie wyn gemaak om al die sintuie te behaag. Geniet saam met nagereg of bedien met taai soet koeksisters, verouderde kase of enige ander soet lekkernye.

Die Roussouw’s Heritage 2019 weerspieël die krag wat in diversiteit lê ​​om iets moois te skep. Geurige sitrus, grenadella, lietsjie en witpeer is duidelik in die neus. Die smaak is ryk aan vanielje en eindig met ‘n kraakvars suur wat dit die ideale pasmaat maak vir geroosterde lynvis, pasta of hoender.

Die Joseph’s Legacy 2019 lewer prominente swartpeper-, seder-, biltongspesery-, kersie-, pruim- en vanieljegeure in die neus. Op die tong is dit goed gestruktureer met volronde, gelaagde geure van naeltjies, speserye, koljander en sjokoladeversiersel. Met verloop van tyd sal die kompleksiteit toeneem, en daar word verwag dat aromas meer speseryagtig en leeragtig met sweempies sigaarrook sal word. Hierdie wyn is die ideale pasmaat vir vlamgeroosterde kruisskyf, speseryagtige wildsvleis en beesvleis-kasserol of gebraaide skilpadjies.

Die Dry Land Collection word in ’n sogenaamde Nuwe Wêreld-styl gemaak en kos tussen R135 en R165 per bottel. Dis direk by die kelder of landwyd by die meeste gespesialiseerde wynwinkels beskikbaar.

Besoek https://perdeberg.co.za/ vir meer inligting oor hierdie bekroonde wynreeks.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>