Nick Gebers, eienaar en wynmaker van Post House Wines naby Raithby aan die voet van die Helderberg, sal met ‘n ware turksvy sit wanneer dit tyd word om die 2007-oesjaar van sy premie- rooi versnit, die Post House Penny Black, te bottel. Sy gretigheid om ‘n unieke wyn te produseer, is deur die Suid-Afrikaanse wynowerheid ‘n nekslag toegedien met hul aandrang op strenger nakoming van die regulasies van toepassing op etikettering.
Nick het die regulasies tot dusver verkeerd verstaan en nagelaat om te noem dat ‘n klein deel chenin blanc in al die oesjare van die Penny Black ingesluit is, vanaf die heel eerste in 2003 tot en met die 2006-oesjaar.
Die Penny Black, die vlagskip van die Post House-wynreeks, is ‘n volronde rooi versnit wat in al vier sy eerste oesjare dieselfde kultivars bevat het. Dit word gelei deur merlot en shiraz, met cabernet sauvignon, petit verdot en ‘n bietjie chenin blanc (nooit meer as so 5-6% nie). Dus, dui Nick die kultivars aan en loop die risiko dat die wyn as ‘n slenter en bemarkingsfoefie afgemaak word of dui hy niks aan nie en hou sy kliënte aan die raai? Gegewe die feit dat hy reeds sedert die heel eerste oesjaar chenin blanc gebruik omdat dit die wyn verbeter, het hy besluit om alles te vertel en die chenin blanc op die etiket aan te dui.
Die Penny Black doen beslis sy naam gestand, sê Nick Gebers. “Post House-wyne is waarskynlik die donkerste en mees getekstureerde wyne wat enige plek te kry is.”
Die klein hoeveelheid chenin blanc wat by die versnit gevoeg word, het min of geen invloed op die donker kleur van die wyn. Die merlot en cabernet sauvignon is taamlik manlik in styl en die chenin blanc-komponent lig die wyn en gee dit groter verfyndheid en ‘n sweempie vroulikheid, asook ‘n titsel speserye in die neus en mond.
Byskrif: Post House se Penny Black.
‘n Ooreenkoms van ‘wit in rooi’ kan gevind word in die reeds wye, internasionale gebruik van viognier as ‘n junior versnyvennoot in rooiwyne, hoofsaaklik shiraz/syrah. Viognier word toegelaat om saam met shiraz te gis terwyl die chenin black eers by die versnyproses by die Penny Black gevoeg word. Die wynghoeroe, Jancis Robinson, meen die vernaamste eksponente van hierdie praktyk gebruik ‘n witwyn omdat dit die wyn se kleur stabiliseer en sy tekstuur verdiep.
Post House-wyne het tot dusver goed gevaar in die paar kompetisies waarvoor hulle ingeskryf is. Sedert hul eerste oesjare het al vier die premie-wyne minstens een keer elk vier sterre in die Wine-tydskrif ontvang, en die Platter’s South African Wine Guide het tot dusver gereeld vier sterre of meer aan al vier toegeken. Die Post House Chenin Blanc 2002 het in 2003 die Fairbairn Capital Trophy Wine Show (nou die Old Mutual TWS) Chenin Blanc-trofee gewen. En die Wine Spectator het onlangs 91 punte aan die Post House Penny Black 2005 toegeken.
Die Post House Penny Black 2006 (R120) en die Post House Chenin Blanc 2008 (R65), tesame met die Shiraz 2006 (R95), slegs die tweede oesjaar sedert 2003, is onlangs landwyd vrygestel en is by spesialis-wynwinkels en vooraanstaande restaurante beskikbaar.
Die ander wyne in die Post House-reeks (met hul huidige oesjare) is:
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast