Paul Cluver Sauvignon Blanc 2018: ’n uitmuntende manier om die somer in te lui!

Somer en witwyn het sinoniem geword met lekker tye, en die bekendstelling van die Paul Cluver Sauvignon Blanc 2018 gaan beslis daartoe bydra dat wynliefhebbers die komende somer meer geniet.

Anne van Heerden, die wynmaker op Paul Cluver Wines, en die landgoed se keldermeester, Andries Burger, glo albei dat elegansie, balans en terroir die sleutelfaktore is in die skep van die ideale sauvignon blanc. Die oesjaarklimaat en die gehalte van die druiwe bepaal hoe die wyn in die kelder gemaak word. Daar’s geen vaste reëls nie, “die wyn moet vir homself praat”.

Die Paul Cluver Sauvignon Blanc 2018 is helder in kleur met ’n groen skynsel. In die neus word vars, skoon aromas bespeur wat herrinner aan grenadella, pomelo, appelliefie en swart bessie. Hierdie geure word na die mond deurgedra waar ’n heerlike, romerige tekstuur ervaar word, die gevolg van verlengde kontak met die moer en die insluiting van ’n bietjie semillon.

Hierdie wyn is die ideale somer-aperitief wat moeiteloos by kos pas. Volgens Anne versterk hierdie Sauvignon Blanc die geure van ’n vars somerslaai en is dit ook nommerpas by ligter vleisdisse. Dit is ook ’n puik pasmaat vir ryker seekosgeregte en selfs kaasborde.

Die Paul Cluver Sauvignon Blanc 2018 is in die landgoed se proelokaal beskikbaar teen R110 per bottel, of by uitgesoekte kleinhandelaars.

Vir meer inligting, besoek www.cluver.com.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>