Paul Cluver Estate Chardonnay 2017 bied pure genot elke dag van die jaar!

Chardonnay is soos ’n goeie modegier: nes jy dink dis iets van die verlede, verras dit jou met ’n triomfantelike terugkeer! Hierdie keer lyk dit egter of dit gekom het om te bly en regdeur die jaar die wyn van keuse te word vir die meeste wynliefhebbers. Paul Cluver Wines in die hart van die Elgin-vallei, die tuiste van een van Suid-Afrika se mees gesogte chardonnays, het pas die harte van wyn-entoesiaste bly gemaak met die bekendstelling van sy Estate Chardonnay 2017.

Die Paul Cluver Estate Chardonnay 2017 bied vars sitrus- en winterspanspek-aromas in die neus met sweempies lig geroosterde brioche in die agtergrond. Op die tong word geure van nartjierooi vrugte en sitrusbloeisels vrygestel, met titsels vanielje en amandel, wat saamspan om ’n heerlike mondgevoel te skep. Hierdie veelsydige wyn vir elke seisoen bied ’n vars suur wat tot die wyn se puik balans en fokus bydra.

’n Wyn met hierdie status vra vir kos wat uit sy nate bars met geure. Die bekende sjef Craig Cormack en mede-eienaar van SALT @ Paul Cluver stel voor dat hierdie wyn bedien word met ’n bord pangebraaide sampioene in seisoen, wildesampioenkluitjies, blomkoolpuree en gepiekelde blomkool. As jy egter haastig is en hierdie sensasionele Chardonnay met ’n klaar voorbereide maal wil geniet, probeer gerus ’n romerige pasta- of salmgereg, meen die keldermeester, Andries Burger. Dis ’n hemelse vennootskap met ’n romerige mosselsop. Die wyn se puik suur en balans tussen hout en vrugte, wat keer dat dit oormatig ryk is, maak van dit die ideale koswyn.

Die Paul Cluver Estate Chardonnay 2017 is direk by die landgoed te kry of via die landgoed se aanlynwinkel teen R250 per bottel.

Vir meer inligting, besoek www.cluver.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>