Painted Wolf, Cederberg en Jordan onder die groot wenners op Old Mutual Trophy-wynskou

Die Old Mutual Trophy-wynskou se top produsent vir 2019, Painted Wolf Wines, het voorheen ‘n trofee (in 2012) en ‘n goue medalje (in 2017) gewen, maar hul sukses vanjaar het die wynbedryf behoorlik laat regop sit. Painted Wolf het die trofeë in die niskategorie vir rooi- én witwyn gewen, wat aan dié produsent ‘n onaantasbare voorsprong gegee het in die wedloop vir top produsent-status. David Nieuwoudt van Cederberg het tweede geëindig gevolg deur Gary Jordan van Jordan Wine Estate (albei meermalige trofeewenners in die verlede).

Die top rooiwyn van die skou was die Kruger Family Reserve Cabernet Sauvignon 2017 van Stellenview Premium Wines, ‘n nuwe wenner by die Old Mutual Trofee-wynskou. Die 2019-wenner van die Nestlé Pure Life-trofee vir die skou se beste sauvignon blanc was Cederberg vir sy 2018- Ghost Corner Sauvignon Blanc. Overhex Wines se Survivor Pinotage Reserve 2017 het die Pinotage-trofee ingepalm, ‘n eerste vir dié produsent.

FOTO-ONDERSKRIF

Voor: Cobus van Zyl – Neethlingshof; Izele van Blerk – KWV; Maryke Botha – Eikendal

Agter: JD Pretorius – Warwick; Jacques Cilliers – Zandvliet; Marthinus Rademeyer – Bonnievale; Annalie van Dyk – Hidden Valley; Johnnie Calitz – Glen Carlou; Leon Coetzee – Boplaas; Warren Ellis – Neil Ellis; Kobie Viljoen – Villion; Werner Schrenk – Peter Falke; Jacques Erasmus – Spier

Die vonkelwynkategorie het vanjaar twee trofeewenners opgelewer, die 2014- JC Le Roux Scintilla Méthode Cap Classique Vintage Reserve as die beste vonkelwyn en die Desiderius Pongrácz Méthode Cap Classique 2011 as die beste in die museumklas.

Nog ’n nuwe deelnemer, Wildeberg, het die semillon-trofee gewen met die 2018- Wildeberg White, en die KWV het die beste museumklas-semillontrofee gewen met sy The Mentors Semillon 2012.

Ander hoogtepunte sluit die terugkeer – na twee jaar – in van die De Krans Tritonia na die wennerspodium. Dit is ‘n Portugese-styl versnit deur hierdie meermalige trofeewenner en portprodusent van Calitzdorp. Die verskyning van een van die land se legendariese wyne uit toeka se tyd – die KWV Ruby Port 1949 (as die museumklas-porttrofeewenner) – was geen verrassing nie, alhoewel die wyn se jeugdige intensiteit en onteenseglike kwaliteit as herinnering vir die beoordelaars gedien het dat die ou garde wêreldklas produsente van gefortifiseerde wyne was.

Uit die 956 wyne van 206 produsente wat beoordeel is, het 32 goue medaljes ontvang, terwyl 24 trofeë oorhandig is.

DIE TROFEEWENNERS

Old Mutual-trofee vir suksesvolste algehele produsent

Painted Wolf Wines

Harold Eedes-trofee vir beste chenin blanc, Old Mutual-Internasionale beoordelaars se trofee en Old Mutual-trofee vir beste algehele witwyn

Mulderbosch Single Vineyard Chenin Blanc Block A 2017

American Express-trofee vir beste cabernet sauvignon en Old Mutual-trofee vir beste algehele rooiwyn

Kruger Family Reserve Cabernet Sauvignon 2017

Old Mutual-trofee vir ontdekking van die Skou/beste waarde-gouemedaljewenner

Bonnievale Barrel Select Cabernet Sauvignon 2015

Grand Roche-trofee vir beste wit versnit

Cape Point Vineyards Isliedh 2017

Old Mutual-trofee vir beste vonkelwyn

JC Le Roux Scintilla Méthode Cap Classique Vintage Reserve 2014

Riedel-trofee vir beste Bordeaux-styl rooi versnit

Leopard’s Leap Culinaria Collection Grand Vin 2017

Miele-trofee vir beste chardonnay

Jordan Barrel Fermented Chardonnay 2018

Tony Mossop-trofee vir beste Kaapse portwyn

Delaire Graff Cape Vintage 2017

Makro-trofee vir beste shiraz

Rustenberg Buzzard Kloof Syrah 2017

Nestlé Pure Life-trofee vir beste sauvignon blanc

Ghost Corner Sauvignon Blanc 2018

Old Mutual-trofee vir beste dessertwyn (ongefortifiseerd)

Nederburg The Winemasters Noble Late Harvest 2018

Trofee vir beste pinotage

Survivor Pinotage Reserve 2017

Trofee vir beste rooi versnit

De Krans Tritonia Calitzdorp Blend 2016

Trofee vir beste nis-witdruifsoort

Painted Wolf Roussanne 2018

Trofee vir beste nis-rooidruifsoort

Painted Wolf Black Pack Mourvèdre 2017

Trofee vir beste semillon

Wildeberg White 2018

Trofee vir beste museumklas-gefortifiseerde wyn

KWV Ruby Port 1949

Trofee vir beste museumklas-vonkelwyn

Desiderius Pongrácz Méthode Cap Classique 2011

Trofee vir beste museumklas-sauvignon blanc

D’Aria The Songbird Sauvignon Blanc 2014

Trofee vir beste museumklas-semillon

KWV The Mentors Semillon 2012

ANDER GOUE MEDALJEWENNERS

Bonnievale Barrel Select Cabernet Sauvignon 2015

Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2009 (Museumklas)

Eikendal Cabernet Sauvignon 2017

Glen Carlou Syrah 2017

Hidden Gems 2016

KWV The Mentors Semillon 2015 Darling (Museumklas)

Neethlingshof The Short Story Collection Maria Noble Late Harvest 2017

Neil Ellis Amica 2017

Peter Falke Méthode Cap Classique 2013 (Boetiekklas)

Spier Creative Block 2 2018

Villion Henning Chenin Blanc 2017

Warwick Professor Black 2018

Zandvliet Kalkveld Shiraz 2015

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>