Wayne Gabb, die wingerdboukundige van Lomond, kan nie besluit of hy meer opgewonde is oor die ontdekking op die landgoed van 'n skaars en bedreigde plantspesie, die Erica axilliflora, of Lomond se eerste vyfstertoekenning in die Platter’s South African Wine Guide nie. Dis die landgoed se Pincushion Sauvignon Blanc van 2009 wat hierdie eer te beurt geval het.