Dis al byna weer Paastyd en hier volg die eerste van drie resepte spesiaal vir die lang Paasnaweek deur die sjef van die restaurant op die Clos Malverne-wynlandgoed in die Devonvallei buite Stellenbosch, Nadia Louw Smith.
Paasbolletjiebrood-en-botterpoeding met donker sjokolade en malvalekkers
6 porsies
· 6 Paasbolletjies (hot cross buns)
· 80ml gesmelte botter
· 3 eiers
· 250ml room
· 2 eetlepels bruin suiker
· 10 malvalekkers (marshmallows)
· 100g donker sjokelade
· Vanieljeroomys of vla vir bediening
1. Smeer ‘n oondvaste bak uit met van die gesmelte botter.
2. Sny die paasbolletjies in die helfde en plaas in die oondvastebak. Gooi die res van die gesmelte botter oor die paasbolletjies.
3. Sny die malvalekkers elk in vier en strooi die lekkers ook in die oondvastebak.
4. Klits die room, eiers en bruin suiker saam tot als goed gemeng is.
5. Gooi die room-mengsel oor die paasbolletjies en malvalekkers.
6. Gooi die gesmelte sjokelade oor die room-mengsel.
7. Bak in die oond teen 180 grade C vir 30-40min.
8. Bedien met vla of roomys.
Nadia stel voor ‘n Clos Malverne Pinotage Reserve word hiermee geniet, maar Planeet Wyn reken enige, goeie pinotage sal hierdie watertand-nagereg komplementeer.
Die volgende gereg uit Nadia se resepteboek is Paasbolletjie- Franse brood (French toast) met bros lendeskyfspek (streaky bacon), bloubessies en esdoringstroop (maple syrup).
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast