Opwindende nuwe voorkoms vir Four Cousins se roomlikeurs

Four Cousins het hul gewilde roomlikeurs so bietjie ekstra towerkrag gegee met ’n skerp nuwe voorkoms. Die likeurs is ’n dekade gelede bekend gestel.

Die Four Cousins Strawberry Fields en Marula Dream het letterlik hul nuwe strepe verdien. Die jongste verandering aan die verpakking bring weer die handelsmerk se bekende “lekkergoedstrepies” terug en maak die roomlikeurs onmiskenbaar Four Cousins.

Four Cousins se Strawberry Fields is ’n ryk en elegante roomlikeur met skeutjies aarbeie en vars room. Die Four Cousins Marula Dream is trots Suid-Afrikaans en vang die geure van die inheemse Afrika-maroelaboom vas. Dis heerlik ná ’n maaltyd, in jou koffie, oor roomys of as ’n melkskommel vir grootmense.

Die roomlikeurs daag mense uit om avontuurik te wees. Gee jou “innerlike kroegman: vrye teuels en “skommel en skud” iets ekstra spesiaal. Voeg bestanddele soos sjokolade of vars vrugte by. Wat van ’n skeutjie kakao of veelkleurige, eetbare bolletjies soet-sprinkels?

Four Cousins se Strawberry Fields en Marula Dream (regs) is by jou naaste drankwinke, of aanlyn beskikbaar by www.fourcousins.co.za. Hulle is verpak in 500ml-bottels en kos minder as R100 per bottel.

Deel gerus jou Four Cousins-ervaring aanlyn, en onthou om Four Cousins op Facebook (https://www.facebook.com/fourcousins/) en Twitter (@4CousinsWine) te volg. Jou gunsteling-neefs is ook op  Instagram.

Vir meer inligting, skakel 023 615 1505 of stuur ’n epos aan info@fourcousins.co.za.

En onthou, die roomlikeurs is NIE vir kinders onder 18 nie, en geniet hulle verantwoordelik.

Tjorts!

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>