Opwindende nuus uit TOKARA se kelder

Die somer vra vir lewendige en verfrissende wittes en TOKARA buite Stellenbosch het gehoor gegee deur die 2021-oesjaar van sy Sauvignon Blanc bekend te stel.

Hierdie heerlike witwyn proe soos vars groenappels, delikate swartbessieblare en lemmetjiebloeisels met so ’n titsel oesterdopsouterigheid wat die mond sal laat water vir nog.

Geniet hom op sy eie, verkil, of saam met enigiets groen en lewendig soos bros en krokante slaaie, aspersies, artisjok, lemoengras, groenappels en grenadella. Hierdie Sauvignon Blanc sal ook werk met ligter maaltye soos oondgeroosterde hoender, vis of garnale, en moenie van oesters self vergeet nie.

Die TOKARA Sauvignon Blanc 2021is aanlyn beskikbaar teen R100 per bottel of landwyd by vooraanstaande drankwinkels.

Die ander nuus uit hierdie veelbekroonde wynlandgoed se geledere is dat hulle ’n nuwe wynmaaktalent in Candice Nassen (regs) gevind het. Candice het nie net wingerdbou en wynkunde aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer nie, maar ook ’n graad in sielkunde en sosiologie aan dieselfde universiteit verwerf! Sy het reeds drie oeste by Cederberg, Boekenhoutskloof en Boschkloof agter die rug en het so tussendeur tyd gemaak om ook ervaring by Domaine Yves Cuilleron in die noorde van die Rhóne-wynstreek in Frankryk op te doen.

Vir meer inligting oor TOKARA en sy vele aanbiedinge, besoek www.tokara.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>