Ontmoet die toekoms: Audi  se e-tron-reeks op pad na Suid-Afrika

Vorsprung durch Technik is nie ’n leë belofte by Audi nie. Vir meer as 100 jaar al word hierdie Duitse motorvervaardiger geassosieer met uitnemendheid op die gebiede van prestige, ambisie en tegnologie.

’n Nuwe era in mobiliteit word nou betree. Audi het himself verbind tot ’n elektriese toekoms en teen 2026 sal elke nuwe Audi wat wêreldwyd bekend gestel word, elektriese aangedryf wees.

In Suid-Afrika gaan die maatskappy reeds in die eerste kwartaal van 2022 sy e-tron-benaming bekend stel met ses nuwe modelle regoor drie verskillende modelreekse.

Hierdie modelle sluit in:

Onder die SNV-kategorie:

  • Die Audi e-tron 50 en e-tron 55

Onder die CUV-kategorie (Crossover Utility Vehicle):

  • Die Audi e-tron Sportback 55 en e-tron Sportback S

Hoë Werkverrigtingskategorie:

  • Die Audi e-tron GT en Audi RS e-tron GT

Die spesifikasies van die modelle en hul pryse sal nader aan die bekendstelling aangekondig word. Vir meer inligting oor Audi se e-tron-reeks, klik hier.

EINDE.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>