Ontdek Oostenryk se blaufränkisch

Blaufränkisch is ’n cabernet-liefhebber se beste vriend. Hy staan egter op sy eie voete en dis ’n goeie ding in vandag se wynklimaat.

Geslagte lank het wynverbruikers getrou gebly aan dieselfde kultivars, maar tye verander, en so ook mense se behoeftes. Ons leef in ’n era wat ontdekking en verkenning aanmoedig, ook op die gebied van wyn.

Blaufränkisch is nie juis nuut nie, maar in Amerika, byvoorbeeld, word hierdie rooie by die dag gewilder. Aanplantings kan gevind word in Italië (as franconia near), Duitsland (as lemberger) en Kroasië (as borgonja).

Dit is egter Oostenryk wat hierdie kultivar se tuisland is. Die naam blaufränkisch het in 1862 vir die eerste keer verskyn op ’n uitstalling van wyndruiwe in Wene. Die International Ampelographic Commission in Colmar, Frankryk, het blaufränkisch amptelik in 1875 aangeneem.

Vandag is dit nie net sommeliers regoor Amerika wat hierdie wyn aanbeveel nie, dis ook kleinhandelaars wat die gewildheid van blaufränkisch verstaan en hoe dit verbruikers se monde sowel as hul sakke pas. Dis ’n waarde-vir-geld-aankoop, en daar is so baie blaufränkisch-produsente!

Ek is besonder beïndruk met blaufränkisch se lae van kompleksiteit. Die pikante, speseryagtige geure is ongeëwenaard. Kersiegeure verander in cassis wanneer die druiwe baie ryp is. Die wyn het ’n ferm struktuur en sy kern is aards. Sy suur is hoog en die tanniene fyn en korrelrig.

Blaufränkisch hanteer eikehout goed. Dit versag die suur en versterk die vrugtekarakter. Wyne van hierdie kultivar het ’n donker robynkleur.

Blaufränkisch is Oostenryk se tweede mees aangeplante rooi kultivar na sy afstammeling (wanneer met sankt laurent gekruis), zweigelt. Dit verteenwoordig 6,5% van Oosteryk se totale wingerd-area.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>