Ontdek die veelsydigheid van Du Toitskloof se rooi muskadel

Date posted:
May 29, 2012

Maak seker dat jy hierdie winter Du Toitskloof se rooi muskadel nie net na aandete kaggelvuur toe vat nie, maar dat jy dit ook in die kombuis byderhand het. Maak dit deel van jou kosmaak en jy sal verbaas wees oor hoe veelsydig hierdie geurige dessertwyn is.

 

Voeg dit by lamskenkels terwyl dit stadig prut of by ’n pruimsous wat saam met oondgebraaide eend voorgesit word. Gebruik dit om pere te posjeer om hul ryk geure na vore te bring of skink ’n glas muskadel en geniet dit saam met neute, gerookte vleise en kaas by die kaggelvuur.

 

Die druiwe vir hierdie muskadel kom van ’n tien-jaar-oue wingerd van Muscat de Frontignan-bosstokke wat slegs ses ton druiwe per hektaar lewer. Deur eers te pluk wanneer die korrels rosyntjieagtig geword het, is ’n wonderlike mengsel van rosyntjie-, teeblaar-, roos- en aanloklike lietsjie- en mangogeure in die wyn verkry.

 

Die Du Toitskloof Red Muscadel is by toonaangewende drankwinkels en die kelder teen sowat R45 per bottel te kry.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram