Omskep wyn in ‘n heerlike sous om kos woema te gee

Niks lig ’n alledaagse maaltyd soos ’n puik sous nie. Souse gee gewone, pangebraaide hoender nuwe lewe, sit woema in oondgeroosterde of gebraaide vleis en maak van pasta ’n ervaring.

Kokke gebruik dikwels wyn pleks van water om sous te maak weens die geur wat dit byvoeg. Wyn is reeds sedert die tyd van antieke Rome gebruik in souse. Souse van wyn bied ’n vlak van suur aan kos wat die maaltyd selfs beter maak met ’n glas wyn.

Wynsouswenk #1

As jy nie die wyn sal drink nie, moet dit dan nie in kos gebruik nie. En nee, jy hoef nie R200 te betaal nie. ’n Bottel van byvoorbeeld R75 sal net so goed werk. Onthou, as die wyn vrank in jou mond is, sal dit vrank in jou kos wees. O ja, en jy hoef nie met dieselfde wyn te kook wat jy gaan drink nie. Die geurkomponente van ’n wyn van hoogstaande gehalte sal net eenvoudig nie die hitte van die meeste kokery oorleef nie.

Wynsouswenk #2

Dit neem langer as wat jy dink vir die alkohol om weg te kook. Na sowat 15 minute sal die alkoholinhoud in jou sous gedaal het tot sowat 40%. Maak seker dat die sous onbedek prut en tot die helfte afkook om te verseker dat die alkohol weg gekook is anders nie sal die sous ’n skerp, effe lawaaiwaterige geur hê wat die finesse van die geurprofiel sal wegvat.

Port-Kersie-reduksie

Hierdie werk uitstekend met varklendestuk.

Maak sowat 1½ koppie

Bestanddele:

1½ koppie Port

½ koppie balsamiekasyn

½ koppie gedroogde kersies

1 groot salot, fyn gemaal (sowat 3 eetlepels)

2 takkies vars tiemie

1 eetlepel ongesoute botter

Kosher-sout

Meng eerste vyf bestanddele in medium-grootte kastrol. Prut oor medium-hoë hitte tot verminder met ’n derde van ’n koppie, nagenoeg 30 minute. Plaas eenkant, bedek. Verwyder tiemie en klits dan botter in tot dit gesmelt het. Voeg sout by.

Marinara-sous met Chianti

Maak hope en vries dit! Jy sal dit baie gebruik.

Maak 6 koppies

Bestanddele:

Olyfoliesproei

1/4 koppie gekapte uie

4 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny

1/2 telepel swart peper

2 blikkies gekapte tamaties met sous

1 blikkie fyngedrukte tamaties met sous

½ koppie Chianti

¼ koppie vars basilikum, gekap

Sproei en verhit olie in kastrol oor medium-hoë hitte. Voeg ui en koffel by. Kook vir 3 minute of tot sag. Roer aanhoudend. Roer oorblywende bestanddele in behalwe basilikum. Bring tot kookpunt. Verminder hitte en laat prut vir 30 minute. Voeg basilikum by en roer.

Gekaramelliseerde Uiesous

Hierdie eenvoudige sous kan op byna enigiets gebruik word, van hamburgers tot oondgeroosterde hoender.

Maak 2 koppies

Bestanddele: 

2 eetlepels olyfolie

3 koppies dun gesnyde uie

1 koppie droë witwyn

2 koppies lae-sodium hoenderaftreksel

¼-1/2 teelepel sout

1/8 teelepel wit peper

Gooi olie in ’n groot braaipan op ’n plaat op medium-hoë hitte. Voeg uie by en kook vir 5 minute, roer gereeld. Hou aan kook vir 15 minute of tot uie goudbruin van kleur is, roer aanhoudend. Voeg wyn by en kook vir verdere 5-7 minute. Verwyder uie uit pan en kap dit fyn. Plaas terug in pan. Roer die aftreksel in en gooi die sout en peper by. Bring na kookpunt en kook tot verminder tot 2 koppies (sowat 10 minute).

Het jy enige sousresepte met wyn as basis? Indien wel, stuur gerus aan met foto’s sodat ons dit kan deel met ander kos- en wynliefhebbers.

EINDE

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>