OBIKWA pronk met ‘Beste Waarde’-Cabernet Sauvignon

Date posted:
April 1, 2011

OBIKWA, bekend vir hul prettige kultivarwyne en uitstekende waarde vir geld, pronk weer eens met ‘n “Beste Waarde”-toekenning, en hierdie keer is dit hul Cabernet Sauvignon wat seëvier.

Die OBIKWA Cabernet Sauvignon 2010 bekleë vanjaar die eerste plek in die “Beste Waarde”-kategorie van die tydskrif WINE se 2011 “Cabernet Sauvignon Review” en het behoorlik stof in die oë van baie duurder wyne geskop deur ook nog vier sterre los te slaan in die jaarlikse beoordeling.

Die “Beste Waarde”-kategorie sluit in wyne van R40 en laer wat ten minste drie sterre of beter behaal het. Die toekenning word gedoen op grond van die gehalte/prys-verhouding. Altesame 196 wyne is beoordeel en die OBIKWA Cabernet Sauvignon 2010 was een van net 24 wat 4 sterre of meer in vanjaar se Cabernet Sauvignon-beoordeling los geslaan het.

Verlede jaar was OBIKWA ook in die kollig as die “Beste Waarde”-Shiraz in WINE Tydskrif se Global Trader Shiraz-uitdaging. OBIKWA word ook sterk verteenwoordig met vier wyne in die 2011-uitgawe van WINE se “Best Value Wine Guide” vir wyne onder R60, naamlik die Shiraz, Pinotage, Chardonnay en Merlot.

OBIKWA se plat-op-die-aarde-, gehaltewyne bevat uitbundige karakter en kultuurryke sjarme teen ’n  bekostigbare prys. Die OBIKWA Cabernet Sauvignon is te koop teen sowat R27 by supermarkte en drankwinkels landwyd.

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram