OBIKWA Moscato – ‘n tongtergende herfswyn

Date posted:
March 12, 2012

Soos die koeler herfsmaande nader sluip en die blare van kleur begin verander, is dit nou die perfekte tyd om ‘n glas tongtergende OBIKWA Moscato te geniet. Met OBIKWA, wat bekend is vir hul prettige kultivarwyne en uitstekende waarde vir geld, kan jy nie verkeerd gaan nie. 

 

OBIKWA Moscato is heerlik sag en verfrissend met ryk, aanloklike, volsoet en vrugtige hanepootgeure met 'n vars, dog soet nasmaak op die tong wat dit ‘n lekker troosdrankie vir die kouer herfsdae maak.

 

OBIKWA Moscato is beskikbaar in gewone 750ml-bottels en 'n partytjiegrootte 1,5liter-magnum.

 

Hierdie wyn is ‘n heerlike aptytwekker en is veelsydig genoeg om saam met jou gunsteling- winterkoesterkos voor te sit, soos ‘n kerriedis of ‘n heerlike malvapoeding.

 

OBIKWA se plat-op-die-aarde, gesellige gehaltewyne bevat uitbundige karakter en kultuurryke sjarme teen 'n bekostigbare prys. Die 750ml-bottels is teen sowat R27 per bottel beskikbaar, terwyl die OBIKWA Moscato 1,5liter-magnum teen ongeveer R54 verkrygbaar is by supermarkte en drankwinkels landwyd.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram