O brandewyn, laat my nooit staan!

Date posted:
June 19, 2009

Een van die mees gevierde name in Suid-Afrika gaan ’n stoet skoonhede bekend stel om ’n merkwaardige nuwe faset van sy persoonlikheid uit te stal.

 

Die brandewynmeester, Johan Venter, beskryf Van Ryn's Fine Cask Reserve 15 Year Old as ’n vermenging van heuning- en sitrus-aromas wat in ’n romerige mondgevoel met sjokolade- en eikehoutsmake uitloop. En asof dit nie genoeg is om jou mond te laat water nie (nee, stormwater!), word hierdie nektar van die engele nou saam met ’n bruintjie-, blondie- en heuningkoekie op een bord bedien.

 

Nicola Meyer, ’n Frankofiel met ’n soet tand, het die heerlike vierkantjies, wat nét by die Van Ryn’s-distilleerdery naby Stellenbosch te kry is, vir die vyfsterdistilleerdery ontwikkel. Sy het die kuns van fyngebak in Normandië onder die knie gekry en toe in Europa bykomende kursusse in soetgebak geloop. Toe kom sy huis toe om in “teegebak en spesiale geleenthede” te spesialiseer.

 

Sy het onmiddellik besef dat die veelbekroonde Van Ryn's Fine Cask Reserve 15 Year Old in eie reg ’n merkwaardige prestasie is wat nie een vierkantjie vol sjokolade verdien nie, maar drie om sy beste voet voor te sit.

 

Die bruintjie vol donker sjokolade spog boonop met pekanneute. Die blondie (met wit sjokolade) is deurspek met gedroogde rooibosbessies om vonkies soetsuur los te laat, en word met ’n dekadente lagie wit sjokolade-ganache bedek. Die karamelkleurige heuningkoekie is baie soos die blondie, maar word met suiwer heuning verryk.

 

Nichole Solomons van die Van Ryn’s-distilleerdery op die wal van die Eersterivier sowat 35 minute per motor van Kaapstad af sê: “Elke vierkantjie is ’n weerspieëling van ’n faset van die Van Ryn's Fine Cask Reserve 15 Year Old se persoonlikheid. Ons het ’n onweerstaanbare sopie-en-happie-heerlikheid geskep. Enigiemand wat so ’n tikkie weelde geniet, sal beslis nie vir dié kombinasie nee kan sê nie. Die teksture en smake smelt op die suiwerste en bevredigendste wyse in jou mond.”

 

Die kwartet van brandewyn, bruintjie, blondie en heuning is van 1 Julie 2009 teen ’n koste van slegs R45 per persoon beskikbaar.

 

Waarvoor wag jy?

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram