Nuy Winery stel heel eerste Merlot bekend

Nuy Winery aan die bopunt van die Nuy-vallei buite Worcester het sy heel eerste Merlot die lig laat sien! Die Nuy Inspiration Merlot 2018 is ’n medium wyn met prominente moerbei-, aarbei- en swart kersie-geure in sowel die neus as die mond.  Dit is ’n goed gebalanseerde wyn met ’n vrugtige nasmaak.

“Merlot is ’n kultivar wat in die verlede nie goed gevaar het in die Nuy-vallei wat opbrengs en gehalte betref nie,” sê Paul Burger, senior wynmaker by Nuy. “Met die vordering in kennis oor wingerdbestuusrtegnieke en ook meer gespesialiseerde wynmaakmetodes het ons aanpassings gemaak in die bestuur van die merlot-wingerde, asook die maak van die wyn.  Die merlot-druiwe se gehalte het noemenswaardig verbeter en daarom het ons besluit om dié baie gewilde kultivar deel van ons Inspiration-reeks te maak.”

Merlot word dikwels beskou as die “onbesonge held van Bordeaux”, maar wanneer dit goed gemaak word van druiwe van gehalte, is dit ’n rooiwyn wat baie genot kan verskaf. Soos ’n Franse wynmaker dit etlike jare gelede gestel het, “merlot is ’n wyn wat mense bymekaar bring, dis ’n wyn vir familie en vriende”.

Burger sê gedurende die wintermaande kan die Nuy Inspiration Merlot 2018 teen kamertemperatuur (tussen 18 en 20oC)  geniet word.  In die somer kan dit effens verkil word deur dit 20 minute of so in die yskas te plaas. Die Nuy Inspiration Merlot 2018 is ‘n lekker kuierwyn en kan ook geniet word saam met enige rooivleis, geroostede sampioene, groentebredie of selfs sjokolade-nageregte.

Bestel jou Nuy Inspiration Merlot 2018 aanlyn by http://www.nuywinery.co.za/ of epos marketing@nuywinery.co.za teen slegs R72 per bottel of R432 per kis. Bestellings bo R2,500-00 kwalifiseer vir gratis aflewering binne die grense van Suid-Afrika.

Vir meer inligting oor Nuy Winery, besoek hul webtuiste by http://www.nuywinery.co.za/ of kontak AC Goodger by 023 347 0272 of per epos by marketing@nuywinery.co.za

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>