Nuy Vat Matured Copper Potstilled Brandy: Bederf jouself!

“Almal vind behaaglikheid in die skeppings van Mozart en Michelangelo, wat net so werklik en wesenlik is soos die warmte wat in ’n glas brandewyn gevind word.” – Onbekend.

Die Suid-Afrikaanse brandewynbedryf het ’n ryk en trotse geskiedenis wat oor meer as 330 jaar strek. Vandag word brandewyn met reg as een van Suid-Afrika se gunsteling-spiritualieë geag met ’n warboel plaaslike handelsmerke. Die groot verskeidenheid style wat in Suid-Afrika gemaak word, en die feit dat ons brandewyn geruime tyd reeds as ’n produk van wêreldgehalte erken word, verseker dat hierdie “nektar van die gode” altyd ’n gunsteling onder fynproewers sal bly.

Nie lank gelede nie het die Nuy-wynmakery tussen Worcester en Robertson besluit om brandewyn by sy reeks gehaltewyne en jenewers te voeg. Daar is besluit op ’n dubbele koperpot-gedistilleerde brandewyn.

Maar ook nie sommer enige koperpot-gedistilleerde brandewyn nie. Nee, die Nuy Vat Matured Copper Potstilled Brandy is ’n versnit van brandewyne tussen 3 en 18 jaar, wat dit iets uitsonderlik maak. Die komponente is in groot koperketels gedistilleer en in Franse konjakvate van 300 liter verouder voor versnyding.

Die Nuy Vat Matured Copper Potstilled Brandy het ’n helder geelbruin kleur en bied uitlokkende geure van songedroogde perskes, Kersfeeskoek, speserye, fynbos, kruie en sweempies neute, en eindig op ’n talmende en speseryagtige noot.

As die storie waar is dat die sowat 10% van brandewyn wat uit vate verdamp die sogenaamde “Engele se gedeelte” (Angels’ share)  is, moet dit wat oorbly beslis die Skepper s’n wees want dit is hemels!

Nuy se elegante Vat Matured Copper Potstilled Brandy kos R295 per bottel, maar koop gerus meer as een bottel want hierdie nektar “verdamp” bitter vinnig in mens se keel af!

Vir meer inligting oor hierdie uitsonderlike brandewyn, skakel 023 347 0272 of stuur ’n epos aan marketing@nuywinery.co.za, of besoek www.nuywinery.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>