Nuy se somergunstelinge vir elke geleentheid

Die somer is op hande en soos gewoonlik stel elke wynprodusent sy wyne vir hierdie feestelike seisoen bekend. Die Nuy Wynkelder in die skilderagtige Nuyrivervallei tussen Worcester en Robertson is een van hulle en behoort beslis ernstig opgeneem te word.

Hierdie bekroonde wynmakery het ’n ryk wyn-erfenis wat geïnspireer word deur die vallei se puik terroir en gestalte kry in die wyne wat deur sy wynmakers geskep word.

Twee van Nuy se wyne wat beslis byval sal vind hierdie somer en op elkeen se inkopielys behoort te wees, is die Mastery Sauvignon Blanc 2020 en Winery Legacy Calcareo 2018 (foto bo).

Die Nuy Mastery Sauvignon Blanc 2020 (regs) bou voort op Nuy se gewilde Inspiration-reeks. Dit bied vars geure van vyeblare en aspersies, talm op die tong en eindig op ’n heerlik vrugtige noot. Hierdie somerwyn sal jou net R95 per bottel uit die sak jaag.

Die Nuy Legacy Calcareo 2018 is deel van die wynmakery se vlagskipreeks wat ideaal is om die regte maaltyd te komplementeer en enige tafel elegant te maak. Die naam Calcareo is Latyns vir kalkgrond en reflekteer die kalkagtige terroir waarin die druiwe vir hierdie wyn verbou word. Hierdie chenin blanc is in ‘n kombinasie van nuwe en tweedevulvate gegis en 12 maande verouder  om ‘n elegante witwyn met ‘n fris, kalkagtige mineraliteit te skep.

Die Calcareo “trou” perfek en grasieus met ryk, romerige of gerookte geregte soos wilde sampioene, truffel-risotto of gerookte hoenderslaai en kos R150 per bottel. 

Die wyne is beskikbaar by die kelder se proelokaal, Nuy on the Hill, of aanlyn by http://www.nuywinery.co.za/.

Vir meer inligting oor Nuy Winery en sy uitgebreide wynreeks, kontak AC Goodger op 023 347 0272 of stuur ’n epos aan marketing@nuywinery.co.za, of besoek besoek hulle webtuiste by www.nuywinery.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>