Nuwe Wild Yeast Syrah sluit by Survivor-kudde aan

Survivor, die wynreeks wat die geharde karakter van die inheemse Nguni-koei verteenwoordig, het pas sy eerste Wild Yeast Syrah bekend gestel.

Overhex se Survivor Wild Yeast Syrah 2017 is ’n donker, volronde wyn met sappige lae viooltjies, braambessies en speserye, en lok met sagte, soepel tanniene. Hierdie 100% syrah is in Franse eikehoutvate van 500 liter gegis deur net natuurlike gis te gebruik. Na 60 dae se verlengde dopkontak is die wyn vir 12 maande in derdevul- Franse eikehoutvate verouder.

“Gees, liggaam en siel – dit is hoe hierdie wyn regtig gemaak is, sonder om kommersiële gis te gebruik sodat ons die ware smaak van terroir kan ervaar,” sê die wynmaker, Ben Snyman, oor hierdie onbeteuelde syrah-uitdrukking. Hy geniet die wyn die meeste met ’n speseryagtige vark-roerbraai, lamsboud, of hoender of varkribbetjie op die kole.

Survivor het ’n Wild Yeast Chardonnay in ’n soortgelyke styl. Die 2018-oesjaar sal later vanjaar bekend gestel word.

Survivor ontleen sy naam aan ’n vreeslose Nguni-koei wat van ’n oop bakkie afgespring het terwyl sy van een Swartland-plaas na die ander vervoer is en ongedeerd in die middel van ’n wingerd beland het. Die storie van die Nguni-koei is nou ’n metafoor vir dapper keuses en is steeds die inspirasie vir hierdie wynreeks van Overhex Wines International.

Survivor Wild Yeast Syrah 2017 is landswyd by uitgesoekte winkels beskikbaar en kos R185. Besoek www.overhexsurvivor.com vir aanlyn-aankope.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>