Nuwe Simonsig Adelberg gee uiting aan die kuns van lekker leef

Date posted:
February 29, 2012

Die Malan-gesin van die legendariese Simonsig-landgoed buite Stellenbosch het pas sy nuwe, toeganklike Adelberg-duo bekend gestel. Dié wyne is ‘n uitdrukking van die kuns om lekker te lewe en is spesiaal gemaak vir wynliefhebbers wat weet hoe om die lewe voluit te geniet.

 

Die nuwe Adelberg Sauvignon Blanc is die volmaakte maat vir Simonsig se gewilde Adelberg Cabernet Sauvignon Merlot en voltooi hierdie toeganklike reeks gehaltewyne teen 'n bekostigbare prys. Dit is die ideale wyn om met vriende te deel en saam onvergeetlike oomblikke te skep.

 

Die moderne rooi en wit duo, die Simonsig Adelberg Cabernet Sauvignon Merlot 2010 en die Simonsig Adelberg Sauvignon Blanc 2011, is sjiek, skoon en treffend. Met hul kleurvolle, oorsponklike etikette wat deur die kunste geïnspireer is, bied dit wynliefhebbers die keuse tussen 'n verfrissende wit- en ’n toeganklike, ongekompliseerde rooiwyn.

 

“Die Adelberg-reeks word met dieselfde passie en toewyding as ons uitsoekwyne gemaak, maar in ‘n meer toeganklike styl, en versinnebeeld die goeie in die lewe. Dit sal mense inspireer wat wyne met heerlike, treffende geure verkies, terwyl dit sosiale kuiergeleenthede sal opwakker,” sê Simonsig se keldermeester, Johan Malan.

 

Die Simonsig Adelberg Cabernet Sauvignon Merlot 2010 (links) toon jeugdige rooi bessies wat met kersietabakgeure aangevul word, terwyl die sagte geïntegreerde tanniene die verhemelte poets en sodoende die wyn, wat elke dag geniet kan word, uiters toeganklik maak. Gunstelinge soos pizza, spaghetti bolognaise en fynproewer-biefburgers pas baie goed saam met hierdie gemaklike wyn, terwyl die soettand dit onweerstaanbaar sal vind saam met lekker donker sjokolade.

 

Simonsig Adelberg Sauvignon Blanc 2011 sal jou bekoor met verfrissende vrugte- en tropiese geure en die tong bederf met ‘n sterk perskesmaak en ‘n titseltjie kiwi. Die wyn is goed gebalanseerd en veelsydig genoeg om op enige geleentheid te geniet. Adelberg Sauvignon Blanc 2011 pas baie goed saam met seekos soos soesji en mossels, sowel as slaaie en hoendergeregte.

 

Albei hierdie wyne is beskikbaar teen ‘n sakpasprys by uitgesoekte wynhandelaars landwyd. Die Simonsig Adelberg Sauvignon Blanc is verkrygbaar vanaf R37,99  en die Simonsig Adelberg Cabernet Sauvignon Merlot verkoop teen ongeveer R44,99 per bottel.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram