Nuwe Roodeberg-geskenkpak vang die kuns van storie vertel vas

 Elke wyn het ’n storie. Sommige se storie is egter interessanter as ander s’n. Roodeberg is sinoniem met interessante en legendariese stories.

Hierdie ikoniese rooi versnit het die toets van die tyd deurstaan en vertel reeds meer as sewe dekades lank ’n interessante storie in elke bottel.

Ter viering van Vadersdag op Sondag, 19 Junie, het Roodeberg ’n pragtig ontwerpte en beperkte geskenkpak bekend gestel wat die pragtige geuwels van La Concorde, die tuiste van hierdie Suid-Afrikaanse ikoon, uitbeeld en sy ryk erfenis lewe gee.

Die Roodeberg Classic Red-geskenkpak gee prominensie aan die ikonografie en stories van die luisterryke La Concorde-geuwels terwyl dit wynmaak vereer met illustrasies van die pragtige Paarlse wingerde en indrukwekkende wynvate in die Roodeberg-kelder.

Die geuwels, wat deur die Spaanse beeldhouer, Florencio Cuairan, ontwerp en in die 1950s gebou is, beeld die Griekse mitologiese verhaal van Ganymede, bekerdraer van die gode, uit waar hy omstrengel is deur ’n groot arend met ondeunde engeltjies wat druiwe eet. Zeus, die koning van die gode, het die vorm van ’n arend aangeneem en die mooi jong prins van Troy ontvoer met die belofte van  onsterflikheid. As bekerdraer is Ganymede hoog geag as wynkelner vir die gode. Drake en leeus verskyn prominent op die geuwels as bewakers van die wingerde en kelders van Roodeberg, en lei die wynmaakspan na innovasie in die toekoms.

Roodeberg se eie storie is natuurlik ook legendaries. Dit het ontwikkel uit die meester se oorspronklike versnit wat in 1949 geskep is, en ’n spesiale paneel wynmakers het die versnit sedert die 1960s gedryf. Roodeberg se evolusie duur vandag voort as ’n kontemporêre wyn wat aanpas by die veranderende tye, maar dit bly stewig geanker in sy ryk geskiedenis.

Die Roodeberg Classic Red Blend ontplof in die mond met aromatiese lae vars rooi en donker vrugte, cassis en sweempies speserye en donker sjokolade. Die tekstuur is elegant en sag met titsels seder-eikehout en donker pruime wat deur fluweelagtige tanniene ondersteun word.

Die Roodeberg Classic Red-geskenkpak is ladwyd beskikbaar teen ’n voorgestelde prys van R109,99.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>