Nuwe oesjaar van J.C. le Roux Pinot Noir Rosé bekend gestel

Date posted:
September 7, 2011

Die J.C. le Roux Pinot Noir Rosé, Suid-Afrika se eerste rosé wat die toonaangewende tydskrif WINE se Amorim Cap Classique-uitdagting gewen het, het sopas die jongste oesjaar van hierdie bekroonde Cap Classique bekend gestel.

 

Die J.C. le Roux Pinot Noir Rosé 2008 is deur die keldermeester, Elunda Basson, by Die Huis van J.C. le Roux gemaak, die baanbrekers van die land se eerste pinot noir- Méthode Cap Classique.

 

“Dit is een van my persoonlike gunstellinge en is perfek vir die lente. Hierdie Cap Classique is lewendig en vars dog pragtig elegant met daardie unieke pinot rosé-kleur”, sê Elunda.

 

Die verruklike vonkelwyn het al die klassieke kenmerke van 'n pinot noir met ‘n goed ontwikkelde kompleksiteit aangevul deur subtiele geure van beskuitjies, neute, geel rosyntjies en 'n betowerende salmpienk blos. Na afloop van sekondêre bottelgisting in die koel, gekontroleerde klimaat van die kelder om die tipiese skuimende geur en borrels te ontwikkel, is die vonkelwyn vir nog 24 maande op die afsaksel gelaat om die beskuitjiekarakter, klassieke geur en elegante mousse te verkry. Dit toon die perfekte balans tussen varsheid en veroudering met 'n volronde gevoel in die mond en 'n lang, talmende nasmaak van rooibessies en rosyntjies.


Die Huis van J.C. le Roux het ‘n wye reeks van Cap Classique- en ander vonkelwyne om elke wynliefhebber te bevredig, v
an bekroonde, klassieke oesjaarvonkels tot die meer toeganklike, effe-droë gunstelinge. Die Cap Classique-wyne word volgens die eeue oue Franse tradisie gemaak waartydens die fyn borrels, die waarteken van ‘n voortreflike Cap Classique, as gevolg van ‘n tweede gisting in die bottel gevorm word.


Die J.C. le Roux Pinot Noir Rosé 2008 kos sowat R110 per bottel by die Die Huis van J.C. le Roux en uitgesoekte wynwinkels.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram