Nuwe Mensa-wynreeks vertel ’n boeiende storie

Mensa, ‘n nuwe baanbreker-wynreeks in die gebruik van digitale innovasie om ‘n boeiende storie te vertel, is pas deur Overhex Wines International bekend gestel.

 

Dié susterreeks van die gewilde Balance- en Survivor-wyne, is die eerste Suid-Afrikaanse wyn om in “vergrote werklikheid” (augmented reality) sy verskyning te maak met behulp van ‘n geniale selfoontoepassing (app) vir Android en IOS. Die Mensa-etiket ontpop as ‘n boek wat die wyn se hele storie onthul wanneer jy dit deur die Mensa Wine App op jou slimfoon skandeer.

 

Die vertel van stories en ’n liefde vir boeke is die deurlopende tema in hierdie nuwe wynreeks en word perfek vasgevang deur die slagspreuk, Leef jou verhaal ten volle uit. Op die etiket verskyn ‘n ontspanne vrou in die kenmerkende Mensa-stoel, omring deur boeke, met ‘n glas wyn en haar geliefde hond, Grietjie, aan haar sy. As jy ’n voorliefde het vir ‘n lekker storie, passievol is oor ’n avontuurlustige lewe en daarmee saam ’n waardering het vir goeie wyn, is Mensa beslis nommerpas vir jou.

 

Mensa bied aan wynliefhebbers nóg ‘n onverwagse kinkel. Die wyn word verseël met die rewolusionêre Helix-prop van Amorim. Hierdie prop laat jou toe om dit sonder die hulp van ‘n kurktrekker met die hand oop te draai en weer te verseël om sodoende die wyn perfek te bewaar vir die volgende glas. Met Mensa het jy al die voordele van kurk én glas in een wyn – kwaliteit en volhoubaarheid tesame met die gemak van ’n skroefsluiting.

 

Die nuwe Mensa-reeks bestaan uit drie spogwyne gemaak vir alledaagse genot: ’n verfrissende Sauvignon Blanc met sitrus en tropiese sweempies, ’n heerlike Chardonnay Pinot Noir met hope sitrus- en rooi bessie-karakter, en ’n volronde Cabernet Sauvignon wat uit sy nate bars met geure van donker sjokolade en braambessies.

 

Mensa-wyne is landwyd beskikbaar by Checkers-winkels, of besoek die Overhex Kelder & Bistro net buite Worcester waar die wyn teen R75 vir die witwyne en R85 vir die rooiwyn gekoop kan word. Vir aanlyn aankope, besoek www.mensawines.com/online-shop.

 

Vir meer inligting oor Mensa, besoek www.mensawines.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>