Nuwe mengeldrankie goeie nuus vir brandewyndrinkers!

Fitch & Leedes, die vervaardiger van ’n puik reeks mengers, se nuwe Craft Cola is die ware Jakob as dit by kola-mengeldrankies kom.

 

Die nuwe Fitch & Leedes Craft Cola maak sy buiging as die perfekte pasmaat vir spiritualieë soos brandewyn. Dit word slegs in klein hoeveelhede geskep van vierdubbel-gefiltreerde water en die beste bestanddele. Fitch & Leedes beklemtoon die subtiele karakter en geurprofiel opgesluit in spiritualieë en speel met trots sy ondersteunende rol in diè keurspel. Fitch & Leedes Craft Cola met sy ligte borrels en fyn balans toon begrip vir die tyd en moeite wat dit verg om die perfekte fynproewer-spiritus te skep.

 

“Ons Craft Cola is ontwerp as ‘n pasmaat vir spiritus van hoë gehalte, wat ’n nuwe dimensie aan byvoorbeeld goed verouderde brandewyn gee. Dit is ongelooflik op die tong en het effe minder borrels wat die karakter van premie-spiritualieë na vore bring,” verduidelik James Shaw, Handelsmerkbestuurder van Fitch & Leedes.

 

Fitch & Leedes-mengeldrankies is beskikbaar by toonaangewende boetiek-wynwinkels, uitgesoekte deli’s, fynproewer-restaurante en -wynkroeë. Dit kos sowat R40 vir ‘n pak van ses 200ml-blikkies of R36 vir vier 200ml-glasbottels.

 

Vir meer inligting oor die Fitch & Leedes-reeks, kontak James Shaw op 021 886 8842 of by info@chillbev.co.za.

 

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>