Nuwe kos-en-wyngids sien die lig

Het jy al getwyfel of jy die regte wyn gekies het vir ’n ete saam met ’n spesiale persoon, familie of vriende? Toemaar, jy is nie die eerste of enigste nie. Dis iets wat tuiskokke en kos- en wynliefhebbers gereeld oorkom.

Om kos en wyn bymekaar te laat pas, is nie maklik nie. Dis egter ook nie so moeilik nie. Daar is geen geskrewe reëls of reëls wat in graniet vasgelê is nie. Inteendeel, dis dikwels niks meer as common sense nie.

Die belangrikste les is: eksperimenteer, eksperimenteer, eksperimenteer! Nie almal het egter die tyd, of die natuurlike aanvoeling, vir watter kos en wyn in harmonie saam sing nie.

Met hierdie in gedagte, het Libertas Vineyards & Estates ’n definitiewe gids vir kos- en-wynpasmaak bekend gestel wat wynliefhebbers, kosentoesiaste en vurige tuiskokke oor die basiese wynproebeginsels inlig en hoe om hierdie beginsels te gebruik om wyn en kos suksesvol bymekaar te laat pas.

Die boek is pragtig geïllustreer en die keurig uitgesoekte resepte tref ’n balans tussen die alledaagse, gemaklike etes en idees vir spesiale geleenthede. Die boek sal ’n onontbeerlike gids word vir die beste kospasmaats vir elke geleentheid, of dit nou ’n gemaklike naweekbraai of ’n uitbundige Sondagmiddagete is. Die resepte is met groot sorg ontwikkel en dubbel getoets met elke wyn wat verseker dat selfs beginnerkokke dit maklik sal kan volg.

Libertas Vineyards & Estates is die tuiste van sommige van Suid-Afrika se mees ikoniese wynhandelsmerkte – Allesverloren, Alto, Durbanville Hills, Fleur du Cap, Plaisir de Merle, Pongrácz and Zonnebloem – en in hierdie ryk, leersame boek word hulle perfek ingespan saam met buitengewone geregte.

Die boek open met ’n kort hoofstuk oor wynproe en bevat ’n handige “geurwiel” om die leser ’n idee te gee van die geure wat by wyne verwag kan word. ’n Insiggewende afdeling oor kos en wyn help die leser om die dis te vind wat perfek by die geure van ’n wyn pas, en noem ook die disse om voor versigtig te wees.

Elke kultivar word bekend gestel met ’n afdeling oor die geskiedenis, ’n gebruikersvriendelike illustrasie wat die geure uitlig en kosaanbevelings vir die betrokke wyn.  Die boek neem die leser op ’n opwindende reis van ontdekking en verkenning en is is beskikbaar by Alto Estate, Durbanville Hills, Nederburg en Plaisir de Merle. Dit kos R225 vir die sagtebandweergawe en R380 in hardebandformaat.

Hierdie is die ideale geskenk vir enigiemand wat ’n passie vir kos en wyn het.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>