Isuzu Motors South Africa (IMSA) het bekend gemaak dat die tweede geslag van sy 7-sitplek-sportnutsvoertuig later vanjaar in Suid-Afrika bekend gestel gaan word. Die eerste geslag van die mu-X, wat gebaseer is op die Isuzu D-Max, het himself bewys as ’n betroubare, weelderige en praktiese voertuig vir alle terreine.
Die volgende geslag van die Isuzu mu-X sal toegerus wees met ’n hele rits passiewe enaktiewe veiligheidseienskappe, asook die jongste “infotainment”-stelsels met Android Auto- en Apple-toepassing. Die fors buite-ontwerp word gekomplementeer met ’n weelderige binneruim om enige rit veilig en plesierig te maak.
Bykomende inligting en pryse sal metteryd bekend gemaak word. Vir meer inligting, besoek www.isuzu.co.za.
EINDE