Nuwe Cuppavino Mocha Merlot sit die pret in wyngenot

Date posted:
December 1, 2011

Eers was dit koffie-pinotage. Toe kom toffie-shiraz. Wel, nou het nóg ‘n windmakerige Franse kultivar die toneel van “gesellige wyne” betree! Mokka-merlot word dit genoem.

 

Die Cuppavino Mocha Merlot 2011, ‘n toeganklike wyn wat 100% van merlot-druiwe gemaak is en “prut” met geurige koffieboon-aromas, sit glo die vonk in alledaagse wyngenot terug.

 

Vergeet van die ernstige sy van wyn en verkwik jou sintuie opnuut met hierdie nommerpaswyn (wat die sak en die tong betref) van The Funky Wine Company. Sy komkommerkoel etiket is juis ‘n aanduiding dat jy en jou geliefdes jul hart sal verloor en verseker sal wees van goeie tye in die geselskap van die Cuppavino Mocha Merlot 2011, so maak seker hy is op jou lysie vir Valentynsdag.

 

Die wyn, wat afkomstig is vanaf die Stellenbosse wynlande en smeul van intense, gekonsentreerde geure, is verouder in spesiale Amerikaanse eikehout, en die gebalanseerde houtintegrasie verleen aan dié rooiwyn ‘n ryk mokka-java-smaaksensie van koffie en geroosterde sjokolade.

 

Uitgelate aromas van koffie, bittersoet kakao en ryp swartbessies domineer in die neus. Die wyn het ‘n donker pruimgelaat en is ryk en lewendig op die tong met sagte tanniene wat jou laat smag na nog.

 

Die Cuppavino Mocha Merlot 2011 is die perfekte genoot vir goeie herinneringe saam met vriende. Dit is heerlik net so op sy eie, maar sal ook sy man staan by die braaivleisvuur, of geniet dit saam met vleisagtige pastasouse en geroosterde  eend. Saam met aarbeie gedoop in sjokolade sorg dit vir ekstra spesiale smulgenot.

 

Die Cuppavino Mocha Merlot 2011 is beskikbaar vanaf R46 per bottel en is verkrygbaar by Cybercellar. Vir aanlynwynbestellings besoek www.cybercellar.com of skakel 021-876-2649.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram