Nuusbrokkies uit die Kaap se wynlande

Date posted:
March 19, 2009

Morgenster Wine and Olive Estate in the picturesque Helderberg ward of Stellenbosch launched its long awaited Morgenster 2005 Bordeaux blend recently. For only the second time in the 5 releases of this label, the blend comprises only 2 Bordeaux cultivars. The 2005 vintage is the 5th release of the Morgenster label and its 5th nomination for 5 stars. Garnering the long coveted 5 star John Platter award at last, is all the sweeter for the long wait!

 

Wilhelm Coetzee het by Durbanville Hills se wynmaakspan aangesluit met rooiwyn as sy verantwoordelikheid. Hy was voorheen keldermeester en wynmaker by Flagstone Winery, waar hy agt jaar deurgebring het.

Nederburg handhaaf sy blink vertoning by die gewilde Amerikaanse tydskrif Wine Enthusiast.  Nadat sy 2007 Winemaster’s Reserve Chardonnay 86 punte ontvang en as ? “beste kopie” aanbeveel is, is die 2008 Foundation Lyric ook onlangs as ’n “beste kopie” bestempel, met dieselfde puntetelling. Daarby het die tydskrif ook 84 punte aan die 2006 Winemaster’s Reserve Pinotage toegeken.

Terselfdertyd verskyn drie Nederburg-wyne op die lys van 500 wyne wat volgens Kanada se Liqour Control Board of Ontario (LCBO) globaal die beste waarde bied. Die lys is vir die LCBO, die wêreld se grootste wynkleinhandelaar, saamgestel deur Rod Phillips, ? bekende Kanadese wynskrywer en beoordelaar, wat aan beide die 2006 Winemaker’s Reserve Cabernet Sauvignon en die Shiraz in dieselfde reeks vier sterre toeken. Dieselfde onderskeiding het die 2007 Winemaster’s Reserve Sauvignon Blanc te beurt geval wat vir sy “lewendige suurheid, varsheid en aantreklike, skoon geure” geprys word.

Die historiese Mooiplaas-landgoed in die Bottelary-heuwels buite Stellenbosch se Mooiplaas Chenin Blanc Bush Vines 2008 is aangewys as die beste nie-houtverouderde, asook die algehele beste Chenin Blanc in die jaarlikse Sure Pure Chenin Blanc Challenge wat deur die tydskrif Wine aangebied word.  Die tydskrif se proepaneel het die wyn ook 4½ sterre gegee in 'n onlangse proe.

Distell het sy eerste, volwaardige, internasionale verkryging gedoen deur Bisquit, ? voorste konjak-handelsmerk, van Pernod Ricard vir ? bedrag van €31 miljoen (ongeveer R390 miljoen) te koop.

Met die transaksie verkry Distell, op drie na die wêreld se grootste brandewynprodusent, die Bisquit-handelsmerk, die bestaande voorraad verouderde konjak asook die voorraad eau-de-vie of konjakdistillaat wat tans verouder word.

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram