Nitida, geleë in die hartjie van die idilliese Durbanville-wynvallei, het pas die 2010-oesjaar van sy keldertrots, Nitida Calligraphy, bekend gestel. Hierdie Bordeaux-versnit is ‘n merkwaardig veelsydige en elegante koswyn.
Dis die tweede jaar wat die Calligraphy-oesjaar slegs van Nitida se druiwe gemaak word na ‘n
intensiewe herplantingsprogram. Verlede jaar het die 2009-oesjaar die wynmaker, RJ Botha, met die titel van Diner’s Club Jong Wynmaker van die Jaar laat wegstap.Vir d
ie 2010-oesjaar is petit verdot by die merlot, cabernet sauvignon en cabernet franc gevoeg. “Alhoewel daar net vier rye petit verdot tot die versnit gevoeg is, maak hierdie kultivar die wyn pragtig donker van kleur en sy bonkige tanniene verleen ’n goeie struktuur,” sê RJ. Die merlot-vrugte is baie prominent in die versnit en word elegant omvou met kaneel, sampioene, kersfeeskoek en moeras. Die speseryagtigheid van die cabernet franc maak dit ‘n uitstekende koswyn, terwyl die smaaklike bessievrugte van die merlot en die diepte van die cabernet sauvignon en petit verdot dit terselfdertyd toeganklik en volrond maak. Dit is werklik ‘n wonderlike ambassadeur van die sagtheid, drinkbaarheid en elegansie wat Durbanville se rooiwyne so pragtig uitbeeld.Nitida se laerliggende, warmer rooiwingerde is geënt op ’n spesiale wortelgroeistok wat die rypwordproses aanhelp om te verseker dat die perfekte ryp, volronde rooiwyne uit die koel Durbanville-gebied meer volhoudend as in die verlede geproduseer word, voeg RJ by. Hy beskou die keldertrots- Calligragphy as ’n ware weerspieëling van Nitida se handgemaakte wyne.
Al Nitida se druiwe is met die hand gepluk met nooit meer as 200 mandjies ‘n dag nie. Die trosse word dan met die hand uitgesoek teen ’n stadige tempo van een ton per uur en al die ongewensde korrels en stingeltjies word verwyder sodat net die beste korrels gepars word.
Al die tradisionele Bordeaux-wynmaakmetodes soos pigage, remontage en delastage word aangewend om die keldertrots so besonders te maak. Elke kultivar word apart ge-oes en gegis voor die wyn vir vier weke op die doppe gelaat word. Die wyn word dan gepars en ‘n jaar in houtvaatjies verouder.
“Dink Paasbolletjies en lig geroosterde Arabica-koffie. Hierdie wyn het geure van leer, kersie en sandelhout met ‘n bietjie droë tabakblare,” is hoe RJ die wyn beskryf. Hy stel voor jy geniet die 2010- Calligraphy saam met ‘n lekker fisantpotjie of lamskenkel.
Vir meer inligting oor Nitida, skakel 021-976-1467 of stuur ‘n e-pos aan info@nitida.co.za.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast