Neethlingshof wys daar's wel iets in 'n naam

Date posted:
October 12, 2010

 

Die Neethlinghof Sauvignon Blanc wat tot dusver onder die naam “Special Release” bemark is, sal van die 2010-oesjaar af bekend staan as “enkelwingerd”, die naam wat dit akkuraat beskryf. Hierdie verandering pas in by die landgoed se begeerte om die sigbaarheid van sy gerekende reeks witwyne te verhoog.

 

Soos in die verlede sal dié enkelwingerdwyn net in werklik goeie jare gemaak word en dan in klein hoeveelhede. Van die 2010-oesjaar is net 5 000 liter gebottel, dubbel die hoeveelheid van die vorige jaar.

 

Daar is nege wingerdblokke sauvignon blanc op die landgoed. Almal lê op verskillende hoogtes bo seespieël, die hoogste van hulle op 280 m. Volgens De Wet Viljoen, die wynmaker, verskil die wyn wat hy van hulle maak almal van mekaar. Hy versny die wyne van agt van die nege blokke in die landgoed se gewilde maar komplekse sauvignon blanc in die Premium-reeks. Die negende wingerd lewer egter druiwe van so ? uitsonderlike karakter dat hy die wyn wat hy daarvan maak afsonderlik botteleer.

 

Die wingerd van 4 ha lê op ? suidelike helling tussen 140 m en 180 m bo seespieël waar dit blootgestel is aan die koel seebriese wat in die laatsomer vanuit Valsbaai waai. Die druiwe word nie gepars nie, maar die sap word sagkens uitgedruk, omring deur koolsuurgas om enige moontlike oksidasie te vermy. De Wet glo hierdie vol, komplekse wyn kan vir minstens die volgende twee jaar neergelê word.

 

Die wyn verkoop in die kleinhandel vir sowat R60 per bottel.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram