Op dieselfde dag dat Nederburg in Sydney verneem het dat sy 2009- Private Bin Eminence as die allerbeste wyn tydens die 2011 Five Nations Wine Challenge aangewys is, is boonop in Kaapstad aangekondig dat die wynmakery drie Grand d’Or- en 11 goue medaljes by vanjaar se Michelangelo International Wine Awards verower het.
Een van die drie Grand d’Or-medaljes is toegeken aan dieselfde natuurlike soet dessertwyn wat tydens die vyfnasies-uitdaging, waaraan Suid-Afrika, Australië, Nieu-Seeland, Argentinië en Chili deelneem, die beoordelaars se gunsteling was. Die tweede Grand d’Or-wenner was die 2010- Winemaster’s Reserve Noble Late Harvest, wat by die onlangse Decanter World Wine Awards ’n trofee ontvang en by vanjaar se International Wine Challenge ’n goue medalje gewen het. Die derde is toegeken aan die 2010- Private Bin D252 Sauvignon /Semillon, wat nét by die Nederburg-veiling verkoop sal word.
Enkele van die 11 wenners van goue medaljes was die 2008- Ingenuity Red, wat in Platter’s South African Wine Guide vyf sterre gekry het; die 2010- Winemaster’s Reserve Baronne, ’n groot rooiwyngunsteling in Suid-Afrika; die 2010- Winemaster’s Reserve Chardonnay; en die 2011- Manor House Sauvignon Blanc. Die ander goues is toegeken aan wyne wat slegs by die Nederburg-veiling te koop sal wees.
Nederburg is Platter’s se Wynmakery van die Jaar vir 2011.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast