Nederburg se wit Ingenuity 2008 hier om te plesier!

Date posted:
May 11, 2009

Die 2008-oesjaar van Ingenuity, Nederburg se waagmoedige dog subtiele versnit van agt wit kultivars, is pas beskikbaar gestel. Soos sy 2007-voorganger, wat ? vyfster-toekenning in die 2009 Platter’s South African Wine Guide ontvang het, kom die sauvignon blanc daarin van druiwe uit Groenkloof en Durbanville. Dit maak sowat 25% van die versnit uit en verleen daaraan die vars, grasagtige aromas en stewige struktuur, terwyl die semillon, wat van 6% tot 19% verhoog is, daaraan verdere varsheid, mineraliteit en smaakervaring verleen.

 

Tariro Masayiti, Nederburg se witwynmaker, het die volgende te sê oor hierdie spogwyn: “Wat die wyn so opwindend maak om te drink, is die onverwagte wat ? mens daarin teenkom. Dit is terselfdertyd kragtig en subtiel. Jy vind daarin ? verfrissend pikante suur wat gebalanseer word deur uitbundige vrugtegeure getemper deur hout.”

 

Die druiwe van al agt kultivars is afsonderlik tot wyn gemaak voor hulle versny is, met geselekteerde blootstelling aan Franse eikehout wat diepte en kompleksiteit van karakter daaraan verleen, het Masayiti gesê.

 

In die geval van die 2008-oesjaar is die vernaamste ander kultivars chardonnay (25,4 %)  en nouvelle (12,5%),  gevolg deur viognier, baie ryp chenin blanc afkomstig van bosstokke, en ? titseltjie muskadel om die geure af te rond. 

 

Masayiti het gesê  ? baie klein deel van die sauvignon blanc is verouder in klein Franse eikehoutvate om die romerigheid aan te vul van die chardonnay, wat alles in die beste nuwe Franse eikehoutvate van 228 liter verouder is. Daarenteen het die nouvelle vyf maande in tweedevul- Franse eikehoutvate deurgebring.

 

“Die Ingenuity White met sy veelvuldige geurlae en verfynde struktuur is uitstekend saam met kos. Dit is ongetwyfeld heerlik op sy eie, maar dit is eintlik bedoel om saam met kos geniet te word om ten volle tot sy reg te kom. Wanneer behoorlik verkoel, vertoon dit ? kraakvars sauvignon blanc-profiel, maar wanneer net effens verkoel, kom die romerige vanieljegeure met suggesties van speserye en tannien na vore.

 

“Die samesmelting van minerale, blom- en hout-eienskappe pas goed by rooi én wit vleis, veral wanneer dit gegeur is met aromatiese speserye en vrugte. Ek het dit al geniet met kwartels, eend, tarentaal, filet en lamsvleis.”

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram