Nederburg se Double Barrel Reserve weerspieël detail en verbeelding

“Moet nooit die mag van ’n eenvoudige stukkie detail onderskat nie. Dit kan selfs die uitstekende in die uitsonderlike verander,” sê Niël Groenewald, Besturende Direkteur van Nederburg. “Vra enigiemand wat hul vakmanskap koester, wat ten volle met hul hande, hart en verstand werk, en hulle sal jou dieselfde vertel.”

Groenewald verwys na Nederburg se opwindende nuwe Double Barrel Reserve 2020, ’n Bordeaux-styl versnit met so ietsie spesiaal. Dit bring bymekaar die kelder se kenmerkende cabernet sauvignon in ’n klassieke kombinasie met cabernet franc, merlot, petit verdot en malbec. Wat hierdie uitmuntende versnit laat uitstaan, lê in die detail van die veroudering van sy komponente.

Elkeen van die vyf kultivars is afsonderlik verwerk, en dit sluit die veroudering vir 2 maande in Franse eikehoutvate in,” verduidelik die rooiwynmaker, Zinaschke Steyn. “Die merlot-gedeelte is egter na 9 maande van die hout verwyder, toe versny en daarna vir nog drie maande in die vate gelaat. Al die komponente is toe gekombineer om wat ons glo die pragtig gebalanseerde geheel te skep. Noem hierdie dubbele vatproses ’n klein detail, maar dit het ’n groot impak. Dit het ’n heerlik sappige, vlesige en aantreklike wyn omgeskep in een met ’n fluweelagtige tekstuur en ’n opwindende rykheid en diepte.

“Ruik hom, proe hom en bemin hom. Dink aan sonryp bloubessies en sappige kersies in die neus en mond. Die geure bly en bly en laat mens ’n fees daarvan maak. Ek geniet dit só om hierdie wyn aan die einde van die dag te geniet wanneer ek ontspan, maar ook wanneer ek een van my gunstelingdisse geniet – geroosterde vleis, bredies, prego-rolletjies, vetkoek en dombolo.”

Klik hier vir die resepte.

Die Nederburg Double Barrel Reserve 2020 kos sowat R115 per bottel. Besoek www.nederburg.com vir meer inligting.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>