Nederburg, Boplaas kraai koning in die 10-Year-Old Wine Report

Nederburg het koning gekraai in die 10-Year-Old Wine Awards 2019 van Winemag.co.za  deurdat sewe van sy wyne beloon is met puntetellings van 90 en meer. Al die wyne wat vir hierdie verslag oorweeg is, het uit die 2009-oesjaar gekom.

Altsaam 92 wyne van 42 produsente is vir die verslag ingeskryf vergeleke met 56 van 27 produsente verlede jaar. Die wyne is “blind” geproe (etikette versteek) deur ’n paneel van drie en punte is volgens die gehalteskaal van 100 punte toegeken.

Nederburg het die beste gevaar met sy II Centuries Sauvignon Blanc 2009 (91), Ingenuity White 2009 (91), Private Bin R163 Cabernet Sauvignon 2009 (92), Private Bin R181 Merlot 2009 (90), Private Bin Eminence 2009 (93), Private Bin Edelkeur 2009 (90) en The Winemaster’s Reserve Collection Noble Late Harvest 2009 (92).

Die top 10 wyne algeheel is:

Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2009 – 95
Haut Espoir Shiraz 2009 – 93
La Bri Affinitiy 2009 – 93
Nederburg Private Bin Eminence 2009 – 93
Raats Chenin Blanc 2009 – 93
Remhoogte Merlot 2009 – 93
Rustenberg Peter Barlow 2009 – 94
Tokara Director’s Reserve White 2009 – 93
Tokara Director’s Reserve Red 2009 – 93
Tokara Reserve Collection Stellenbosch Chardonnay 2009 –  93

Om die hele verslag te lees, besoek Winemag.co.za by https://winemag.co.za/10-year-old-wine-report-2019/

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>