‘n Vonkelende verrassing vir die feesseisoen vanaf Robertson Winery

Date posted:
October 1, 2012

Robertson Winery stel met trots die nuwe sterre in sy gesin bekend, betyds vir die somerseisoen. Hierdie drieling vonkelwyne bestaan uit Robertson Winery se Brut Sparkling Wine, Sweet White Sparkling Wine en Rosé Sparkling Wine. Dié vonkelwyne, wat deur die ervare wynmaker, Francois Weich, gemaak is, word stylvol aangebied in kleurvolle verpakking en sal tonge betower, en bied puik waarde vir geld.

 

Robertson Winery Brut Sparkling Wine: Hierdie droë dog vrugtige vonkelwyn, gemaak van chenin blanc, is elegant, vars en fris met aanloklike geure van appel en peer en wonderlike blomme-aromas.

 

Robertson Winery Sweet White Sparkling Wine: Hierdie vonkelwyn, gemaak van versigtig uitgesoekte witdruifkultivars, is lewendig en bied geure van ryp geel appel en spanspek, en is heerlik vol in die mond.

 

Robertson Winery Rosé Sparkling Wine:  Hierdie heerlike soet dog verfrissende rosé-vonkelwyn word van versigtig uitgesoekte wit- en rooidruifkultivars gemaak. Ryp aarbeigeure terg die smaakkliere en talm met elke sluk.

 

Robertson Winery se vonkelwyne is landwyd beskikbaar by vooraanstaande kleinhandelaars en kruidenierswinkels, en kos tussen R45 en R47 per bottel.

 

Glinsterende, stervormige “Ster van die Skou”-nek-etikette verseker maksimum rak-impak vir hierdie vonkelende drieling. Ter viering van die bekendstelling, spog al Robertson Winery se produkte tans met prettige nek-etikette soos “Sparkle in her Eye”, “A Bubbly Bunch”, “Fabulously Fizzy” en “Rising Star”. Hierdie treffende etikette dien ook om Robertson Winery se opwindende Facebook-kompetisie te adverteer.

 

Links: Vir diegene wat 'n effe soeter vonkel in die somer soek, hier's net die ding!

 

Besoek http://www.facebook.com/Robertson.Winery om “Die Ster in Jou na Vore te Bring” en staan ‘n kans om ‘n jaar se voorraad vonkelwyn van Robertson Winery te wen.

 

Bowen Botha, Robertson Winery se keldermeester en hoofbestuurder, is baie entoesiasties oor die vonkelende drieling: “Gebaseer op die sukses van ons soeter wyne in die mark en die groeiende openbare vraag na wyne wat gehalte teen laer pryse bied, is ons baie optimisties dat ons nuwe reeks vonkelwyne met hul treffende verpakking en uitstekendse pryse baie goed ontvang sal word deur ons kliënte en dat hulle baie sal bydra tot die pret en feestelikhede van die komende somerseisoen.”

 

Robertson Winery, 160km van Kaapstad af, is geleë in die prentjiemooi Robertson-wynvallei. Die kelder en proelokaal lê langs die hoofweg soos mens die dorp Robertson binnery. In die parsseisoen word druiwe hier ontvang van die meeste van die 43 ledeplase en verwerk.

 

Besigheidsure van die proelokaal

 

Maandag tot Donderdag:     08h00 - 17h00 

Vrydag:                            08h00 - 17h30        

Saterdag en Sondag:          09h00 - 15h00  

 

Keldertoere per afspraak.

 

Tel:              023 626-3059

Epos:           info@robertsonwinery.co.za

Webblad:      www.robertsonwinery.co.za

Facebook:     http://www.facebook.com/Robertson.Winery

Twitter:          @RobertsonWinery   

 

Einde

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram