‘n Seekossop en sauvignon blanc om die winterkoue te verdryf

Date posted:
July 12, 2012

Versterk hierdie winter jou innerlike met ’n heerlike seekossop vol van die rykdom van die oseaan (wat in hierdie geval alles deur die Wêreld-natuurfonds se SASSI goedgekeur is!). Rond dit af met ’n rouille wat daardie ekstra bietjie skop gee.

 

Die bekende koskunstenaar, Justine Drake, se resep kom met ’n paar eenvoudige wenke om dit selfs lekkerder te laat smaak. Dis bykans flatervry en ’n wonderlike warmmaak-voorgereg of hoofdis. Sy sê ’n lekker kraakkorsbrood daarmee saam is ’n blink plan om die sous op te suig, en Two Oceans Sauvignon Blanc is ’n puik pasmaat.

 

Mediterreense vissop met rooirissie-rouille

 

Jy hoef die rouille nie te maak nie (dis ’n romerige sous met rooi soetrissie en brandrissie), maar dit laat die sop soveel lekkerder smaak. ’n Viskop of twee, of kreefdoppe, voeg ook ekstra smaak by. Vra jou vishandelaar daarvoor, maar onthou om dit te verwyder voor jy opskep!

 

MEDITERREENSE VISSOP

BESTANDDELE

2 tot 3 E (30-45 ml) olyfolie

3 knoffelhuisies, gekap

1 t (5 ml) paprika

1 ui, gekap

2 tot 3 geelwortels, geskil en gekap

3 selderystingels, gekap

1 vinkelknol, in dun skyfies gesny

1 liter hoender- of visaftreksel

1 koppie (250 ml) Two Oceans Sauvignon Blanc

6 tot 8 swart peperkorrels

1 lourierblaar

5 ml (1 t) suiker

5 ml (1 t) sout

Viskoppe en kreefdoppe (opsioneel)

500 g ontgrate witvis soos stokvis, panga, soldaat of knorhaan, vel af en in blokkies gesny

250 g calamari-ringe

250 g mossels

4 ryp tamaties, in wiggies gesny

Gemaalde peper

’n Handvol pietersielie, gekap

 

METODE

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en soteer die knoffel en paprika vir sowat 30 sekondes.

Voeg die uie, wortels, seldery en vinkel by en kook vir 5 minute. Roer af en toe. Voeg die aftreksel, wyn, peperkorrels, lourierblaar, suiker en sout by.

Voeg die viskoppe of grate nou by (as jy het).

Bedek en laat 10 tot 15 minute prut.

Verwyder die viskoppe en -grate en voeg vars vis, calamari, mossels en tamaties by.

Laat 5 tot 8 minute kook en verwyder van die hitte.

Roer die pietersielie by en pas die geurmiddels na smaak aan.

Bedien met baie kraakkorsbrood en rouille.

 

ROUILLE

BESTANDDELE

2 rooi soetrissies, geskroei en geskil

1 rooi brandrissie, geskroei en geskil

2 knoffelhuisies, geskroei en geskil

¼ koppie (60 ml) olyfolie

1 t (5 ml) paprika

¼ koppie (60 ml) vars witbroodkrummels

Sout en gemaalde peper

 

Metode

Skil die soet- en brandrissies en knoffel en plaas in ’n voedselmenger.

Voeg die broodkrummels, paprika en geurmiddels by.

Pols, en voeg die olyfolie bietjies-bietjies by.

Die mengsel moet dik maar smeerbaar wees (voeg ’n lepel of twee van die sop by die rouille as dit nie smeerbaar genoeg is nie, en pols weer).

Bedien 4

 

Geniet dit met ‘n Two Oceans Sauvignon Blanc.

 

Gaan na www.twooceanswines.co.za of www.facebook.com/twooceanswines  vir nog heerlike seekosresepte met Two Oceans-wyn as pasmaats. Gaan na die webwerf www.wwf.org.za/sassi of die mobi-werf wwfsassi.mobi vir meer inligting oor die Wêreld-natuurfonds se SASSI.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram