‘n Paasfeesslaai met rooiwyn!

Date posted:
April 18, 2011

Ons laaste resep vir vanjaar se Paasfees kom ook van Nadia Louw Smith, sjef van The Restaurant @ Clos Malverne in die natuurskone Devonvallei net buite Stellenbosch. Nadia noem dit haar Paasfeesslaai en sy stel voor ‘n rooi versnit van Clos Malverne, die Cabernet/Merlot, word saam met dit geniet.

 

Ons reken enige fluweelsagte merlot, of selfs ‘n pinot noir, sal puik saam met hierdie slaai werk, maar ons sal dit voorsit saam met iets soos ‘n tuisgemaakte mieliebroodjie om dit ‘n ete op sy eie te maak. O ja, en moenie die balsemieke asyn en olyfolie vergeet nie … vir die brood!

 

Paasfeesslaai

 

6 porsies

 

Vir die slaai

 

·         100g wilde roketblare

·         200g gemengde baba-blaarslaai

·         200g bokmelk fetakaas

·         200g pere

·         1 teelepel olyfolie

·         1 teelepel bruin suiker

·         200g babatamaties in helfte gesny

·         100g okkerneute

·         100g sultanas

 

Vir die slaaisous

 

·         2 teelepels heuning

·         2 teelepels witwynasyn

·         4 teelepels olyfolie

·         1 rooi rissie, fyn gekap

 

1.      Sny die pere in lang stukke en bestrooi met die olyfolie en bruin suiker.

2.      Plaas die pere in die oond todat hulle sag is (min of meer 10min).

3.      Meng die roketblare en die blaarslaai en plaas op ‘n bord.

4.      Sny die fetakaas in blokkies en strooi oor die blaarslaai saam met die tamaties, okkerneute, sultanas en pere.

5.      Meng al die bestandele vir die slaaisous goed en gooi oor die slaai.

 

Geniet dit, en aan alle Planeet Wyn-lesers, ‘n baie rustige, vreedsame en genotvolle Paasnaweek.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram